Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Natuur en Ek. See! - wit, liggroen, donker waar dit swel en deinsig blou waar verste rante boontoe wel om bleekgeworde mistighede van die lugruim in te drink. Winde! - fris en sout, wat uit die wild' rumoerigheid van golf op golf na boontqe styg, aan die mensehitte om my heen sig brand, wild deur my hare hyg, my lippe soen - maar al die seegeheime my verswyg. O wilde kryg van golfgeklots en brokke skuim, O eindeloosheid van vlaktes-see en peilloos, ewig-bo, die ruim! Net groen-blou vlaktes in die son se skyn en ek hierbo, allenig, klein, met alles om my heerlik groots, met alles om my vol en wyd! En tog alleen vir my, o nietig mens, die ewigheid! NA-NEE VAN BROEKHUIZEN. Vorige Volgende