Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Nag op die See. Die boot plooi stil in die nag die gladde vlak van die see, en die skim van die donker land reis soos 'n wag heimsinnig mee; en daar waar die water in skaduwee sy blinkende afskeid laat, is die hemel soos 'n see met sterre gestraat. O eindelose reis deur die sagte geheiligde dom van die nag, wat is by die oewers te wagte van God se stralende dag? Hoe lank duur die reis, hoe swerwe ons nog deur die Ruimte, die Nag? Die donker landskimme sterwe en daar voor lê die kim ons en wag.... C.M. VAN DEN HEEVER Vorige Volgende