Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 47] [p. 47] Die Teleurgestelde. Hier glans die groen lusernland en krom buig nog die perskebome na die grond; ek gaar die vrugte van my jeug se blom, nou bitter in 'n vreemdeling se mond. Wat het vervlugtig? Hier vlam nog die rooi van teer papawers, buigend in die wind, maar iewers het die jare iets verstrooi, wat elk, verdwaalde, nooit weer t'rug sal vind. Ek soek nog mym'rend na die sonnige land, maar die is waar? 'n Sagte vlinder kom en fladder dansend op my dorre hand - en in my gaan 'n hele lewe om. C.M. VAN DEN HEEVER. Vorige Volgende