Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 27] [p. 27] Winter-sonsondergang. Die son maak vuur in die berg; die aand is daar, en dis koud. Hy sink in 'n bergkloof weg; daar's hout en skuilplek teen die wind. Die heel dag het die suidewind - hoe hy van oos na wes al draai - sy liggaamswarmte koud gewaai oor 'n oop, kaal hemelveld. Nou slaan 'n rooi gloed in die lug soos die son sy aandvuur stook: die houtkloof uit trek vlam en rook wat warrel langs die westerkim. Die nag is daar. Die son die trek sy kop nou toe. Die vuur gaan dood. Daar lê die wêreld koud en bloot weer eensaam in die winternag. TOTIUS. Vorige Volgende