Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 26] [p. 26] Dou. Ek kom in die aand as dit stil is, die rumoer van die dag al verby is; as my gesweef oor die gras nie gekeer word, en die vee ook nie meer aan die wei is. Ek kom in die aand as dit stil is, sodra ek die wind nie meer hoor, geen geruis van waaiende are my koms in die stilte verstoor. Ek kom waar geen voet my vertree nie, by hardheid en ruheid verdwyn ek; net die maan mag gaan waar ek laer: sagte aanroering dan skyn ek! Ek wandel mees in die laagte, daar drup my voetstap 'n seën op need'rige grassies en kruide - 'n sagte, nagt'like reën. Maar kom die sonstraal en winde en rumoerige voete nader, dan trek ek my druppels na bowe waar 'k veilig my skat weer vergader. TOTIUS. Vorige Volgende