Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Eensaamheid. As ek maar net alleen kan wees, en voor my velde⁀oordek met gras; ver in die verte 'n waterplas, daaragter dan weer velde wyd wat wegsmelt in die deins'righeid. Die mensewêreld is dáár nie wat eind'loos dryf en dreig en jaag; geen storm wat deur die stilte breek, die voetstap net van vriend of maag met wie 'k van hart tot hart kan spreek. Net soos 'n skaap wat siek is, dwaal en uit die kudde, stil aan 't wei, verlate alleen wil agterbly - so dwaal ek weg, en wil my gees in eensaamheid gekoester wees. As ek maar net alleen kan wees, en voor my velde⁀oordek met gras; ver in die verte 'n waterplas, daaragter dan weer velde wyd wat wegsmelt in die deins'righeid. TOTIUS. Vorige Volgende