Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 25] [p. 25] Droefheid Vreugde. 'n Dag van reën. Nog sak dit uit: die laaste geluid is die roep van die reën! Aan struike en gras, in strome gewas, hang druppels wat ween. * * * Die reën is verby; verby is die nag. Die son is uit in fonkelprag; aan gras en kruid, met doulaag oorsprei, hang druppels wat lag. TOTIUS. Vorige Volgende