Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931
(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 144]
| |||||||
Totius se Lewensbeskouing soos Weerspieël in Sy Gedigte.WERKE VAN TOTIUS wat in die verwysings geraadpleeg is:
| |||||||
Lewensloop.TEREG wys Du Plessis daarop dat alles wat Totius is hy aan sy vader te danke het. Vanaf sy eerste bewussyn het hy geleef in die suiwer atmosfeer van die leer en lewe van Ds. S.J. du Toit. Van kindsaf was hy bondgenoot in die stryd vir 'n nasionale selfstandigheid op godsdienstige en op politieke gebied. As jong man het hy reeds handelend in die nasionale stryd opgetree, as handlanger van sy vader en as redakteur van die studenteblad van die Burgersdorpse teologiese skool.
Die godsdienstige grondslag van tuis is versterk deur sy eie teologiese studies, eers in Burgersdorp en later in Holland, waar hy tewens intiem kennis gemaak het met die poësie van Gezelle, wat nie sonder invloed op sy geestesvorming gewees is nie.
Reeds voor sy Hollandse studiejare het die miskenning van sy vader se politieke beyweringe sy ideale enigsins besluier. Soos Du Plessis opmerk, was Ds. S.J. altyd ‘'n man van nuwe dinge, - maar die nuwe dinge was vir hom die jong lote, wat uit die ou stam en wortel uitgespruit het...’. Maar baie van sy tydgenote het dit nie so ingesien nie, en het sy nuwe dinge dikwels teengestaan. So bevoorbeeld kry hy in sy eerste Transvaalse dae al moeilikhede omdat hy onpartydig vir Hervormde en Gereformeerde gemeentes wil preek. Op politieke gebied het sy tydelike bondgenootskap met Rhodes stribbeling met andersgesinde nasionaliste veroorsaak, maar die Jameson-inval het sy ideale van 'n verenigde Suid-Afrika die doodhou gegee. | |||||||
[pagina 145]
| |||||||
Hoewel Totius self op politieke gebied weinig bedrywig was, het hy die Vryheidsoorlog as kommando-predikant gedeeltelik meegemaak; van die ondervindinge hier opgedoen is ‘Ragel’ die vrug. Deur sy vader egter het hy sy belangstelling in die politiek altyd bygehou. So naby die polsslag van die volksgebeure lewende, is dit begryplik dat die wel en die wee van die nasie hom na aan die hart gelê het. Boondien staan hierdie intieme omgang borg vir die spontane opregtheid van die in sy gedigte geuite opvattinge. Ander omstandighede wat sy lewensbeskouing help vorm het en wat in sy gedigte weerspieël is, is die invloed in vroegste kinderjare van sy moeder, en later van vrou en kinders, en die langdurige verblyf in Potchefstroom, eers as predikant, later as teologiese professor. Hoewel hy sy ma vroeg verloor het, blyk hy besonder gevoelig vir haar moederliefde te gewees het. Kontak met sy stiefma en later met sy vrou - altwee mense van hoë karakter - het vermoedlik sy waardering van die ewigweibliche in sy mees verhewe betekenis baie versterk. Hiervan is ‘Ragel’ getuie. Buite sy teologiese belange in Potchefstroom, het sy natuurgevoel in die dromerige vlakte-wêreld aldaar, met sy stemmige riviertjie en treurende wilgerbome feesgevier. Lesers wat Potchefstroom ken sal nie twyfel aan die innige betekenis wat b.v. die ‘Lied van die Wilg’ en ‘Ter Nagedagtenis van...’ vir Totius het nie. | |||||||
Skatting van die opregtheid van die gedigte.‘... Vir die kunstenaar is die lewe vol diepe betekenis... vir hom is die lewe 'n eindelose, onuitputbare drama en komedie van bewuswording’.Ga naar voetnoot1) Verrassend tref hierdie diepe lewensbetekenis en die eindelose gewaarwording ons by Totius. Dis geen los versameling van skielike ingewinge nie. Die epiese opset van die verskillende bundels, die oralsheersende simboliek, wat in elke natuurverskynsel 'n aanknopingspunt met die menselewe weervind, die filosofiese bespieëlinge wat elke lewensvoorval by hom uitlok, van die lotgevalle van Ragel tot die lewensblyheid van sy ‘oudjie’, dit alles is welsprekende getuie van die volheid van Totius se geesteswêreld. Laat ons 'n rukkie vertoef by elkeen van hierdie verskynsels. | |||||||
Epiese opset.Die oprig van die vroue-monument - die herdenking aan 'n ongeewenaarde epos van menselewe en menseleed - woel sy Afrikanerhart om, | |||||||
[pagina 146]
| |||||||
totdat dit self die epos weer herleef, die honger en die angs van die kind, die godsvertroue van die vrou, die tragedie van die beroofde man. Sy hart kreun onder hul lye, en die kreun is ‘By die Monument’.
In die ‘Verse van Potgieter's Trek’ is dit die ideale waarvoor gestry word, die swaarkry wat gely word, en die oorwinninge wat behaal word, wat sy bewussyn vir die oomblik in beslag neem. Ook hier is 'n los epiese ontwikkeling, van die opgang van die ‘lig bestendig’ in die ‘Donkere Afrika’, deur die swoeg en swaar-swaarkry, tot die vooruitsig van 'n veelbelowende toekoms.
In die volgende bundel, ‘Wilgerboombogies’, heers veral die simboliese element, en die epiese karakter staan meer op die agtergrond. Tog was by die skryf van hierdie reeks, die geesvervullende gedagtesfeer nie afwesig nie. Tussen Augustus, 1910, en Mei, 1911, verloor Totius sy vader, broer en suster (Du Pl., bl. 33), en in die meerderheid van die hier gebundelde gedigte herken ons ongewyfeld die stem van die treurende agtergelatene. Hier praat hy regstreeks met die oorledene (‘Sy Laaste Wens’, ‘By die Hooploos Kranke’, ‘Ter Nagedagtenis van...’); daar kry ons 'n treurlied of 'n filosofiese bespieëling van meer algemene strekking (‘Lied van die Wilg’, ‘Afskeid van die Oue Jaar’, ‘Die Oue Wilg’, ens.).
By ons soek na toeligtingstof by Totius se epiek, tref ons 'n merkwaardige vonds in ‘Ragel’. As kunswerk staan dit in sy geheel benede ‘By die Monument’ en ‘Wilgerboombogies’. Die bouplan is plek-plek swak, ritme en rym is dikwels òf gesog òf wankelend, en beeld en segging soms min of meer banaal. Desnieteenstaande is aan die innigheid van die bedoeling nie te twyfel nie. Herroep 'n oomblikkie die in Bybelleer gedrenkte karakter van Totius se lewe en wese; gedink dan die ontroering wat in so'n siel die teer tragedie van Jakob en Ragel teweeg moet bring; peins nou verder, en U sal besef wat dit vir hom beteken, dat die treurmare van Ragel, die stammoeder van 'n magtige ras, en die treurmare van die Afrikaanse vrou en moeder, stammoeder, maar tewens die ideaal wat 'n ontluikende nasie immer voor oë staan en besiel, in eenselfde vorm gegiet is. Diep is die digter bekoor deur die verhewe wese van die Afrikaanse Ragel. Pynlik amper worstel hy om in haar gees in te dring en dit te waardeer. Vier witgekalkte mure ontmoet 22
mekaar in simp'le koepelring,
Waarteën bots die sonnegloed
of hy geweldig in wil dring.
| |||||||
[pagina 147]
| |||||||
So wil ek ook na binne dring
en grafgeheim geheel deur vors;
Langs weg van sterk herinnering
inbeur in stroewe aardekors.
Maar te vergeefs. Soos sonneskyn
so kets my denking buite af.
Maar nes sonnewarmte daal tog myGa naar voetnoot1)
aanvoeling dieper in die graf.
(Ragel, bl. 69.)
Daarom moes hy ‘Ragel’ skryf, en daarom is dit spontane uiting van 'n digtersiel. ‘Trekkerswee’ is vir ons doel minder goeie stof. Ons ken du Toit reeds goed genoeg om te verstaan dat die verslegting van die Afrikanervolk op die Rand hom baie aangedoen het. Wat onderwerp betref ontbreek dit dus nie aan spontane ingewing nie. Maar in teenstelling met ‘Ragel’ kry ons hier indruk dat die opset verstandswerk is. Op die ou end is sy aanleg tog by uitstek lieries; hier wil hy sy gedagtegoud 'n slag in 'n ander vorm giet, en in plaas van lieriese ontboeseminge sal hy die tragedie uitbeeld. Maar Totius is nie dramatikus nie, en die resultaat is 'n padlangse verhaling, ryklik besproei met niks-beduidende stoplappe. Tussendeur is daar darem stukke wat hulle plek in die Afrikaanse klassiek inneem, party in regstreekse verband met die verhaal, ander van meer algemene strekking. B.v. die lentelied (bl. 22) en sy toepassing op die liefdeslente van Dina en Willem; die tent-simbool op bl. 29; party van die verse van die slotgedig, e.a. Na ‘Trekkerswee’ het daar van Totius nie weer 'n epiese opgeboude bundel verskyn nie. Tog bly die lewe vir hom steeds 'n eindelose, onuitputbare drama van bewuswording. ‘Kinderversies’ van 1920 is nie agtereenvolgens geskryf nie, en besit dus g'n epiese waarde nie. Tog getuig die skilder van so'n aantal kindertoneeltjies van ware belangstelling in die kleinspan, en dus van opregtheid van gevoel. In 1920 gee die verlies van twee van sy kinders aanleiding tot 'n reeks ‘hartverdrietjies’, blommetjies, wilgertakkies, voortgespruit uit die alles drenkende sielewee, wat aan die reeks - alsnog ongebundel - 'n soort epiese samehang gee. Party hiervan is deur Du Plessis opgeneem. Teleurgestel in sy volksideale, gekrenk deur eie leed, stuur hy daarna meer aan op metafiesiese bespieëlinge, betreffend vernaamlik die lewe hiernamaals, die doel van die aardse lewe, en 'n toenemende berusting in die be- | |||||||
[pagina *28]
| |||||||
MAGGIE LAUBSER:
OU BOESMAN. | |||||||
[pagina 148]
| |||||||
skikking van die Heer. Hierdie laaste neiging vind veral uiting in sy later verdieping in psalmverwerkings en in die digterlike gehalte daarvan. | |||||||
Allesoorheersende godsdienstige gees.Die verwantheid tussen Totius en Gezelle is gemeengoed in ons literatuur. Dit is hier nie die plek om na te gaan in hoeverre hierdie gemene eienskappe by Totius in die koesterende son van Gezelle opgebloei het nie. Vir ons is dit voldoende om aan te neem dat dit in hoofsaak eie-goed is; dit is slegs verdiep deur kontak met 'n geesverwant, soos ons almal tot op seker hoogte gevorm word deur die omgewing waarin die toeval - of die noodlot - ons aflaai. Waar daar dus ooreenkomste tussen Gezelle en Totius te bespeur is, wys dit nie onvoorwaardelik op navolging, en vandaar op gebrek aan oorspronklikheid nie. Meesal sê dit niks anders nie, as dat twee soortgelyke nature, in soortgelyke omstandighede geplaas natuurlikerwyse 'n verwante lewensbeskouing verwerf het.
Twee trekke hou in hierdie lewensbeskouing die voortou - die allesomwasemende godsvertroue, en wat ons kortliks sal tiepeer as die simboliese blik. Eersgenoemde is by Gezelle enigsins anders van aard as by sy geesverwant. Vir hom is elke blommetjie, elke voël, 'n kunswerk van die Heer; by Totius is dit meer die menslike lye wat die openbaring is van 'n allesbestierende goddelike wil, wat eenheid en betekenis aan die lewe gee. Is dit die gruwele ondervind in die stryd met die barbare, is dit die lye van die vrouens in die kampe, die verslegting van sy volk in die goudstad, of sy smart oor die verlies van sy kinders, dit loop meer al dan nie uit op berusting in die Heer. Hy mag in vlae van bitterheid verval, maar wie is ook nie so nou en dantjies aan buie van inkonsekwensie onderhewig nie? Daartussen en daarbo skitter die strale van sy godsdiens uit as die ware lig van Totius se lewe, 'n lig wat hom in later jare, as meer wêreldse belange weggeval het, nog steeds sy lewensinsigte beskyn. | |||||||
Simboliese lewensopvatting.Suiwer natuurskildering kom by Totius feitlik nie voor nie. So intiem voel hy die harmonie tussen mens en natuur, dat elke natuurelement vir hom 'n mensgedaante aanneem. Vgl. b.v. ‘Die Ondergaande Son Lê Aan’, ‘Die Storm’, ‘Die Pelgrim’, ‘Die Sterretjie’ en talrike anderes. Elders weer, as hy 'n natuurverskynsel aanskou, tas sy gees in die volheid van sy bewussyn onmiddellik na 'n verwante toestand of verhouding in die mensewêreld. Andersom ook veraanskoulik hy die vol betekenis van menslike gebeure deur vergelyking met 'n eenvoudige toneeltjie uit die buitelewe. | |||||||
[pagina 149]
| |||||||
Nogmaals dring ons daarop aan: waar so'n geestesgesteldheid so herhaaldelik voorkom, is dit meer as duidelik dat hierdie kosmos-omhelsende blik by Totius tuis behoor, en nie sommer tegniese finesse is nie. | |||||||
Filosofiese geaardheid.Kenmerkend van Totius is ten soltte die groot aantal filosofies-bespieëlende gedigte en toepassinge. Gedeeltelik sluit dit aan by die beskouende verbandtrekking tussen die mens en die natuur; hier dink ons egter meer bepaald aan: a) die suiwer bespieëlende gedigte; en b) die bespieëlinge wat hy dikwels aan sy gedigte vasknoop. Veral in later jare, as hy deur teleurstelling in aardse verwagtinge meer en meer in homself keer, gee die natuurfilosofie pad vir meer abstrakte oorpeinsinge. So kry ons ‘As ek oor bleekverlate sand...’, ‘Daar is g'n dood’, en ‘In die Nag’, waarin sy gedagtes na die hiernamaals reis. In ‘Ek graaf met my Gedagtes’ skets hy die filosofiese woelinge van sy gedagtes, en kom per slot van rekening weer neer op godsdienstige berusting. Hierdie berusting gaan oor in ekstase as hy ons gewaande smart op aarde teenoor die oneindig groter lydensgeskiedenis van Jesus stel. In die twede kategorie is die Ragel-sieklus natuurlik die uitsoek-voorbeeld. Elke voorval in die geskiedenis van Boervrou Ragel gee aanleiding tot 'n beskouing van algemene strekking. Die trek van die karavaan lei tot 'n liriek oor die lewensweg; na die dood van Ragel word ‘Herinneringe’ besing; as Jakob na Ragel vry kry ons: ‘Hoe die Liefde kom’ en later ‘Liefde’. Naas 'n aantal afsonderlike verskynsels is dit veral kinders en hulle gedoentetjies wat die filosoof aan praat maak. Vgl. hieronder oor maatskaplike betrekkinge. | |||||||
Historiese samehang.As laaste bewys in ons spontaanheidspleidooi maak ons opmerksaam op die historiese samehang in die gedigte. Reeds in sy vroegste werke kom veel van die mees kenmerkende trekke voor. Vanaf ‘Skinnertaal’ uit die studenteblad ‘Fac et Spera’, 1908, en ‘Die Storm’ uit dieselfde blad, deur ‘Die Pelgrim’ uit ‘Wilgerboombogies’ tot by ‘Stof’ en ‘Die Sterretjie’ uit ‘Ragel’ kry ons die inkleding van die natuur in mensgedaante. Die simboliese siening van die natuur verskyn al in ‘Te Snel’ van 1905, en ‘Waarom Beef die Biesie So?’. In die ‘Verse van Potgieter's Trek’ kom dit voor in ‘Weg van die See’ en ‘Potgieter’, en dit is veral sterk in ‘Wilgeboombogies’ en ‘Ragel’, waar die simbool die hele opset beheers. Die religieuse waas is in ‘By die Monument’ al merkbaar, is nooit lang afwesig nie, en neem in die jongste stukke sterk toe. | |||||||
[pagina 150]
| |||||||
Die eerste filosofiese gedig van belang verskyn in sy twede bundel, m.n. ‘Trekkerslied’. Daarna word die genre gereëld verteenwoordig. In ‘Wilgerboombogies’ kry ons ‘Afskeid van die oue Jaar’, ‘Repos Ailleurs’, en ‘Alle Vlees is Gras’. Die tussensange uit ‘Ragel’ sluit amper almal by hierdie reeks aan, en uit die goudstad-epos kry ons ‘O heilige Nagte van voorheen’. Soos reeds opgemerk, is die meerderheid van die later ongebundeldes van filosofies-bespieëlende aard. Ten slotte is dit opmerklik dat etlike gedigte verskillende male omgewerk is - 'n verder bewys dat die onderwerp of inkleding in die wese van die skepper ingewortel is, en nie sommer 'n momentele ingewing is nie. Tot hierdie groep behoort o.a.: ‘Die Howenier het Weggegaan’, omwerking van ‘Hyde-rosi’ van omstreeks 1896; ‘Die Balling’ wat oorspronklik verskyn het as ‘Klacht van eene Melaatsche op Robbeneiland’ en in 1906 as ‘Robbeneiland’; ‘Verheug - Bedroef’, wat voortgespruit het uit ‘Optimisme en Pessimisme’ van die Potchefstroomse studenteblad van 1908; en ‘As die Dag Gaan Sterwe’, wat in ‘Wilgerboombogies’ ryp tot simbool van die sterwende mens, en nog 'n klompie anderes. | |||||||
Afsonderike brandpunte van sy lewensbeskouing.Politieke insigte.'n Verkenningstog deur Totius se gesamelike politieke digtinge gee 'n algemene indruk van kwynende hartseer, onderdruk deur 'n innig Christelike gees van ‘oordeel niet opdat gij niet geoordeeld worde’... ‘Het woord Engelsman of Boer komt in de bundel ‘By die Monument’ niet voor. ‘Vuurwerk-emoties worden niet opgewekt’. Aldus Besselaar in sy werk ‘Zuid-Afrika in de Letterkunde’, en dit is raak opgemerk van die eerste bundel. Met verloop van tyd laat die digter hom skerper uit - maar daaroor later. ‘By die Monument’ soos ons gesien het, is 'n hartkreet oor die volksleed soos dit voorkom in die lye van die kind, vrou en man. Daar is geen verwyt aan die vyand nie... Maar die grootste edelmoedigheid kan tog nie geheelenal die snik van sy hart stil maak nie.
‘Die Lied van die Ossewa’ gee 'n inleiding tot die tragedie van die kampgeskiedenis. Die getroue ou wa is in vreugde en smart die metgesel en handlanger van die Boer gewees. ‘Maar nou val weer my lot in 'n dag van veel kwaad, 5
Want ek rol, ek en honderde waens met my,
na die plek waar die vrouens en kinders gaan ly.
| |||||||
[pagina 151]
| |||||||
Daarna herleef die gevoelsmens die kamptyd van die kind. Aangrypend beeld hy die stygende angs uit as die ontsagwekkende troepe op hul aanbeur. (‘Daar kom Hul’.) Skrynend is die onderdrukte vertwyfeling as die kindjie maar aanhou smeek om ‘'n klein stukkie brood’: Haar kindjie slaap in by die soete gedagte:
as ek weer ontwaak help die Heer uit die nood.
Die moeder ontvang met vermagerde hande
haar deeltjie oplaas - maar die kindjie was dood.
(In ‘Die Kamp’.)
Dieselfde stygende spanning uitlopend op droewige klimaks kry ons weer in die laaste twee - ‘Viermaal gesien’, en ‘Kindergraffies’. Treffend word die natuursimbool aangewend as hy tot die vrou oorgaan. Weliswaar is ‘Die Howenier’ na die uiterlik oorgeneem uit die Duits; die toepassing is oorspronklike vinding, en verrassend gelukkig gesien. Watter diepte van betekenis lê daar nie opgesluit in die laaste vers nie: Lang staar hy op sy blommekind,
die skoonste van sy gaarde;
maar ag, g'n tuinmanskuns kan heel
die eenmaal afgebroke steel;
g'n traneplas
die modder was
en gee haar weer haar waarde.
‘Vergewe en Vergeet’, eers in 1917 gedig, bewys dat sy saamgevoel vir die vrou hom altoos bygebly het. En kyk dan hoe die geskiedenis van die man hom aandoen, as hy met behoud van sy lewe, maar met verlies van al die wêreldse goed wat hom dierbaar is, anderkant die oorlog uitkom. Die windjie fluister vir die balling die treurstem van sy dogtertjie. ‘.... Vader, ver van ons vervreem,
die dood het sussie weggeneem;
En verder, Vader, hoor my nood:
my lief klein broertjie is ook dood.
‘Ag, maak 'n end, maak gou 'n end
Aan al my weedom en ellend.’
| |||||||
[pagina *29]
| |||||||
MAGGIE LAUBSER:
OESTYD. | |||||||
[pagina 152]
| |||||||
bid die balling in wanhoop.
Die skeemring daal telkens neer;
maar hy staan op die strand nie meer.
Let hier ook op die deurleefde diksie en fyn stemmingseffekte.
En dan het ons ‘Hulle kom nie weer...’ Skrynend huil die hartseer hier in die teenstelling tussen die buitewêreld wat die tekens van die ramp al spoedig uitwis, en die aanhoudende knaende besef: ‘Maar net my vrou en kind bly weg, en hulle kom nie weer.’
Tog beur tussen die weemoed die verkwikkende gees van kanniedood, van vertroue in die integriteit van sy volk, hom op. Die broeines wat die voëlmoedertjie so liefderyk vir haar kroos voorberei het, is deur die onverskillige boer deurmekaar gekrap, maar: ‘..... die wêreld word weer stil.
En dit groei weer
en dit broei weer
vir 'n ander huisgesin
in 'n ander miktak in. (‘Mag en Reg’.)
E. HARTMANN.
(Word vervolg.) |
|