Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931
(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 140]
| |
Die Kromme Kan Nie Reg Word Nie.(Prediker 1:12.)
| |
[pagina 141]
| |
onmeetlike ruimte, dwaal sonder om daarin vir hulself enige punt van houvas te vind. Dis genoeg vir hulle, vir hierdie mense, dat in die loop van die dag, die lange en so eensame, geen mens te baie op hul bestaan let nie. En - arm mense - dis vir hulle genoeg dat partykeer iemand op hulle 'n vrindelike oog slaan en een oomblik hulle bestaan voel. Die ellendigstes onder hulle dis hulle aan wie uit sogenaamde barmhartigheid en op grond van een of ander vrome frase partykeer toegang verleen word in die huis van 'n ryke. Na soveel kere afgeskeep te wees met 'n: ‘vandag nie, maar kom maar weer terug’, kry hulle een of ander klein werkie as 'n sogenaamde ‘daglooner’. Die arm mense, hulle weet dat die werkie wat hul gegee word, soos die rangskikking van die huisbiblioteek vir die tiende keer, die in orde bring van die geslagregisters vir die elfde keer, die rol van sigarette, die leer van ‘Hebreeus’ aan die hoërskolier wat ‘aangeneem’ is, dat dit heeltemal nie noodsaaklik is nie, en dat hulle hiervoor eintlik nie aangestel is nie; en daarom durf hulle van die begin af nie oor loonvoorwaardes praat nie. En as hulle binnegelaat word in die huise, gaan hulle maar sku na binne, soos dié wat met kwaaie bedoelings kom, en altyd aan die sykant van die huis, deur die agterdeur. En as hulle die ‘betaling’ ontvang van hand tot hand, is hul oë altyd neergeslaan, en hul gesig gloei, en hulle staan wesenloos, en haastig vlug hulle weg onder die stamel van 'n ingeslukte ‘goeiendag’, dat maar nie gesien word waarlangs hulle verdwyn, en nie geweet word waar hulle kan teruggevind word nie, en bly staan buitekant die huis op 'n pylskoot afstand. Hierdie manne met hulle neerslagtige voorkome en deurgesakte knieë, hul is dikwels verstandelik begaafd, en daar is fyngevoeligheid by hulle, onder hulle is selfs wat liggeraak is en aan ongegronde hoogmoed ly. Die erkenning van hul absolute waardeloosheid verbrysel hul siel by dag en verteer hul gebeente by nag. En dis nie net hul armoede wat hul verbrysel nie, maar hul uiterlike verskyning, die vernedering wat daarin is. Elke lap aan hul klere wat aan die dag kom, daaronder is 'n verborge wond; en elke vlek wat gesien word, dis 'n brandplek in hul lewende vlees. Al wie waarlik medelyde het met hierdie mensekindere en hul verdriet nie wil vergroot nie, laat hy sy oë nie op hulle rus meer as wat mens dit gewoonlik in die daelikse lewe doen nie. So het ek altyd gedoen met die ouman by wie ek toevallig die aand op die trem gestaan het, en so het ek herdie keer gedoen. Na ek sy groet beantwoord het, het ek my oë van hom afgewend na die kant van die tremvenster en nie op hom gelet nie. Op die staanplek het nog twee passasiers geklim, 'n offisier en sy vrou; en die jonker het reg gaan staan en met grote beleefdheid en besondere hoflikheid plek gemaak vir die offisier, en ek het heeltemal my gedagtes onttrek van die ouman af. | |
[pagina 142]
| |
Nouliks was enkele oomblikke verby, toe die jonker hom plotseling na die ouman toewend met 'n beleefde ligte buiging, en terwyl hy met sy fyn gehandskoende hand 'n vriendelike beweging maak, met sagte stem sê: ‘Ag, vergeef my, meneer!’ Uit hierdie oordrewe beleefdheid en ook uit sy onberisplike kleding wat heeltemal nuut was kon 'n mens somar sien dat die jonker nog 'n nuweling was in die lewe. Net gister was hy uit die wieg gekom en had sy nuwe kleie aangekry, en hy was nog baie sorgvuldig in die formaliteite, soos 'n net mondig geworde Joodse seun met die gebedsrieme op die twede dag dat hy hul aanlê. Hy was amper bly oor die plig van wellewendheid soos dit op sy pad gekom het deur die aanwesigheid van die offisier en hy is angstig om die te vervul sonder om 'n fout te maak. Wat hy gesien het om van die ouman vergewing te vra, weet ek nie. Ek veronderstel dat hy sonder opset 'n bietjie teen hom aangestoot het met sy hand of sy voet. Maar die ouman het skynbaar niks gemerk nie, en nie min verbaas oor hierdie plotselinge wending van die jonker na hom toe, buig hy sy kop en sy oor na hom en vra uiters eerbiedig en angstig: ‘Wat? Wat sê meneer?’ ‘Ek vra baie nederig vergewing van meneer,’ so herhaal die jonker sy versoek met verdriedubbelde beleefdheid. ‘Wat? Wat?’ vra die ouman in groot verbasing, soos een wat nie verstaan, en nie tegelyk glo nie, en hy bring sy kop en harige oor werklik amper aan die mond van die jonker. Die jonker gee ook hierdie keer sy beleefdheid nie heeltemal op nie, behalwe dat hy sy stem 'n bietjie verhef bo die fluistergeluid, en hy herhaal vir die derde maal sy versoek tot die laaste woord, terwyl hy woord vir woord beklemtoon: ‘Baie, baie vra ek...’. Nou verstaan die ouman die saak en haastig rig hy sy kop op as een wat agteruit deins. Die liewe en geëerde jonker vra vir hom om vergewing! En meer nog, hy, die ouman, noodsaak hom om sy versoek driemaal te herhaal! Die ouman kyk soontoe en soontoe in groot verwarring. En as hy op hierdie oomblik die blik ontmoet van die offisier wat na hom kyk, is hy dubbel verward soos een wie se ongeluksuur geslaan het. Van tussen sy lippe kom plotseling die geruis: ‘Ph!’ en tegelyk verwring hom sy liggaam drievoudig. 'n Trek van die skouer, 'n uitsteek van 'n hand, 'n verdraaing van die mond! Die verwringing herhaal hom soseer dat dit moeilik word om sy betekenis te vat. Was dit verbystering, of regvêrdiging, of selfveragting, of negasie? Dit was ook moontlik dat al hierdie bedoelings tesame daarin lê, en elkeen van die vier ooggetuies, die offisier, die dame, die jonker en ek, was vry om vir sigself daaruit af te sonder wat hom goeddunk. | |
[pagina 143]
| |
En vreemd was dit: vanaf dieselfde oomblik dat die beleefde jonker om vergewing gevra het, staan die ouman nie meer rustig op sy plek nie; hy skrik op vir elke oogopslag. Dit is of almal hom bekyk van die voetsool tot die hoof, en asof hy nou vir homself en vir die ander ontdek is in al sy waardeloosheid en laagheid sonder bedekking en sonder toevlug. Al die lappe en vlekke op sy klere en sy skoene, wat hy dag aan dag met soveel studie en handigheid probeer bedek het, dit was asof hulle nou algar teen hom saamspan om die skande van sy armoede en sy lewensellende van so lank hy bestaan het tot nou toe te ontdek. Al die wonde van sy siel en sy eer, die kleintjies en die grotes, wat verborge was onder hierdie lappe, dis of hulle in een oomblik hulle monde oopmaak en skreeu met 'n groot en bitter geskreeu: is dit dan so'n wonderlike ding, as 'n jong edelman vergewing vra van 'n ouman soos hy? Is hy dan waarlik geen enkel uur mense-eer wêrd nie? Is dan waarlik alle hoop verlore dat ook hy eenmal in sy lewe die gevoel sal hê van 'n volwaardig mens te wees op wie geen lap gesien word nie? Die oë van die ouman wat soontoe en soontoe swerwe, laat 'n diepe verdriet ontspring, en sy hele verskyning is as van een wat klaar en gedaan is. Sy handvlak bewe elke oomblik na 'n ander plek van sy verslete klere. Dit lyk werklik asof hy nou in sy vlees self die pyn van elke lap en vlek voel. En hy betas hulle onwilkeurig soos een wat met bose swere geslaan is in sy melaatsheid. Lap, lap, en diep wonde daaronder! Vlek, vlek, en die seël van skande met 'n gloeiende brandyster in sy lewende vlees geskroei! Hy bedenk hom dat hy nou weer, in hierdie oomblik en in teenwoordigheid van hierdie mense, hom in sy mensewaarde moet vertoon, en herstel hom. Plotseling begin hy sy uiterlik te verbeter soveel as dit op hierdie moment en in hierdie plek vir hom moontlik was. Hy gryp vir die doel na al die planne wat vir hom reeds bekend was. Haastig rig hy hom reg, vinnig voel hy in sy baard, ywerig sit hy sy hoed reg op sy kop, dan weer haastig maak hy 'n knoop van sy baadjie vas of 'n halwe knoop. En so val sy oog op 'n vlek wat glim op sy broek, hy sit die een skoen oor die ander en bedek tegelyk gou-gou twee gelapte plekke. Al die baie werkies is gedaan en voltooi in groot haas, amper in een oomblik, en soos dit vir hom lyk, ook heimlik, sodat die mense om hom niks daarvan bemerk het nie. En hy is nie rustig en tevrede nie voordat hy rats uit sy baadjiesak 'n sakdoek gehaal het, nie baie skoon nie, en met groot geraas snuit hy sy neus, sodat hy almal om hom agteruit laat deins het, onder hulle veral die so beleefde verwende jonker. Arm kêrel! In een moment het hy gedag reg te maak wat so baie jare krom gemaak het. Vertaal deur B. GEMSER. |
|