Die Eerste-Afrikaanse Klankrolprent.
ONS is dank verskuldig aan Mnr. Joseph Albrecht - Bestuurder van African Film Productions Ltd. - dat hy soveel belang stel in ons Taal en Kultuur en vir ons ‘Sarie Marais’ weergegee het in die vorm van 'n sangrolprent. Daar is seker veel op aan te merk wat betref die on-Afrikaanse uitspraak ens., maar die kleinigheidjies kan ons oor die hoof sien terwille van die prestasie.
In die Klanksaal van African Film Productions Ltd., Johannesburg, besig met ‘Moedertjie’. Stephanie Faure as ‘Moedertjie’ met die seun (Pierre de Wet). Agter - links na regs - Mnr. Browning, wat verantwoordelik is vir die klankopname, Mnr. Plaat-Stultjes wat die rol vertolk van die ou Oom, Joan du Toit (die meisie), Carl Richter (Konstabel), en Mnr. Noble (by sy toestel). By die tafel Mnr. Albrecht, die direkteur.
Binnekort sal ons te sien kry ons eerste Klankrolprent geheel in Afrikaans - naamlik ‘Moedertjie’ - verwerk na die Toneelstuk ‘In die Wagkamer’ van J.F.W. Grosskopf. Dit is gedaan deur Mnr. Joseph Albrecht, en die opname is onder sy leiding, bygestaan deur Stephanie Faure.
Mnr. Albrecht het die stuk gekies omdat dit tegnies so mooi inmekaar gesit is, en omdat dit 'n definitiewe boodskap het vir die volk-‘back to the land’.
S.F.