Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931
(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 80]
| |
Tsélané, 'n Sprokie.Ga naar voetnoot1)
| |
[pagina 81]
| |
Tsélané het na die deur gegaan, maar toe sy in plaas van haar moeder die kannibaal sien, het sy die deur nie oopgemaak nie. Die kannibaal het verskeie maal om die huis geloop, maar daar hy geen enkele opening kon kry om in te kom nie, het hy eindelik maar weggegaan. Die kannibaal was nouliks weg of daar kom die moeder en begin op haar beurt te sing:
‘Tsélané, my kind, vat, vat jou brood en eet.’ Daarop het Tsélané geantwoord: ‘Luister, moeder, moeder, u praat so saggies as 'n mossie, as 'n disselvink wat op die gras gaan sit.’ Onderwyl die moeder haar kind kos gegee het, het sy probeer om haar oor te haal om die huis te verlaat, en gesê: ‘Ons het 'n baie mooier huis gebou, kom saam met my.’ Maar Tsélané wou volstrek nie saamgaan nie. Die kannibaal het herhaalde male teruggekom, maar hy het nie daarin geslaag om in die huis te kom nie, totdat hy eindelik 'n slinkse plan uitgedink het. Hy het die yster van 'n pik warmgemaak en dit ingesluk onderwyl hy dit met 'n knyptang vasgehou het. Sy ruwe stem het toe baie sagter geklink en wel soos die moeder s'n. Daarop het hy na Tsélané gegaan, haar geroep en toe gesing:
‘Tsélané, my kind, vat, vat jou brood en eet.’
Sy het werklik gedink dat sy die stem van haar moeder hoor, en sy gee antwoord en maak die deur oop. Toe pak die kannibaal haar beet en stop haar in sy sak. Heeltemal in sy noppies, het hy gesê: ‘Vandag het ek tog vleis gekry.’ Hy het die sak op sy rug gegooi en vertrek.
Na 'n ruk het hy moeg en honger gevoel. Hy gaan dus na 'n dorp toe, sit die sak voor 'n hut neer en stap in die LapaGa naar voetnoot1) in. 'n Klein meisie het die sak gesien en was nuuskierig om te weet wat daarin is. Toevallig was in die hut die oom van Tsélané van moedersyGa naar voetnoot2), maar die kannibaal het dit nie geweet nie. Die meisie het na die Lapa toe geloop en vir haar moeder gesê: ‘Kom kyk gou. Ek sien 'n vinger wat na die vinger van Tsélané lyk.’ Haar moeder het gou gekom en 'n vinger uit die sak sien steek, en gevra: ‘Wie is jy?’ Daarop het 'n sagte stemmetjie uit die sak geklink: ‘Dit is ek, Tsélané. 'n Kannibaal het my in die sak gestop.’ Die vrou het teruggegaan na die Lapa toe en aan haar man vertel wat sy gesien het. Hulle gryp toe 'n hond, maak die sak oop, laat vir Tsélané uitkom en stop die hond in die sak, | |
[pagina 82]
| |
met vergiftige miere daarby, bind weer die sak toe en sit hom op sy plek neerGa naar voetnoot1) 'n Oomblik later vertrek die kannibaal, vat sy sak, gooi dit op sy rug en vervolg sy weg. 'n Endjie verder staan hy stil, sit die sak op die grond neer en skud hom om te weet of Tsélané nog daarin is. Hy begin te sing: ‘Sak van DimoGa naar voetnoot2), praat, praat, dat ek jou kan verstaan.’ Die hond antwoord en boots die stem van Tsélané na. ‘Wat wil jy hê ek moet sê, helaas! Dimo. Die beeste van my vader is net so talryk as die sterre, helaas! Dimo.’ Daardeur gerusgestel, het die kannibaal weer die sak op sy skouers gegooi en verder gegaan. Weldra was hy tuis. Hy het sy vrou en kinders bymekaar geroep en gesê: ‘Daardie wild wat ek eers nie kon kry nie, het ek vandag gekry. Neem hierdie sak en bring hom in die hut.’ Die kinders het die sak geneem en hom in 'n hoek van die hut neergelê. Die kannibaal het vir hulle gesê: ‘Ek sal môre met ontbyt die sak oopmaak.’ Die volgende môre sê die kannibaal vir sy vrou: ‘Neem my sak, kook of stowe die wild wat daarin is.’ Maar net toe die vrou die sak wil aanraak, word sy deur die hond gebyt. Sy gaan terug na die hut en sê vir haar man: ‘Dimo, kom kyk tog 'n bietjie, jou sak byt.’ Die kannibaal word boos en roep uit: ‘Vandag kry jy niks van my jag nie; hoewel ek jou totnogtoe altyd daarvan gegee het, ontvang jy vandag niks daarvan nie.’ Daarop sê hy vir sy oudste dogter: ‘Maak jy die sak oop. Jou Ma kry niks daarvan nie.’ Die dogtertjie van die kannibaal het in die hut ingegaan. Maar toe sy die sak beetpak, word sy ook deur die hond gebyt. Sy probeer om die sak aan die ander kant vas te hou, maar toe word sy weer deur die miere gesteek. Daarop het sy huil-huil na haar Pa geloop en gesê: ‘Pa, Pa se sak byt.’ Daarop het die kannibaal briesend kwaad geword en uitgebulder: ‘Jy kry ook niks daarvan nie.’ Hy gaan self in die hut in, maar metdat hy die sak beetpak, word hy gedug deur die hond gebyt, en toe hy die sak aan die ander kant probeer gryp, word hy uit alle mag deur die miere gesteek. Toe skreeu hy vir sy vrou en kinders: ‘Maak toe die deur!’ Hulle het nie alleen | |
[pagina 83]
| |
die deur toegemaak nie, maar dit ook versterk met groot klippe. Sodra die kannibaal die sak oopkry, byt die hond hom in die been, terwyl die miere hom begin steek. Die kannibaal skreeu van die pyn en bulder: ‘Maak tog die deur oop!’ Maar hulle antwoord hom: ‘Ons het jou mos gesê die sak byt, maar jv wou ons nie glo nie.’ Daarop verbrysel hy die deur met sy kop en vlug buitentoe soos 'n dol man, woedend van die pyn. Die hond het hom agtervolg en hom verskeur, gehelp deur die vergiftigde miere. So het hy gesterf.Ga naar voetnoot1) | |
[pagina *18]
| |
KOTTLER:
VERA. (Foto deur Howard Coster, Londen.) |
|