Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 65] [p. 65] Die Doringkroon. O Man van Deernis, toe die wêreldsmart soos kanker in Jou siele het gekna, het Jy die leed van liefde ook gedra, as dit verban moet word van uit ons hart? Ek glo Jou liefde was oneindig groot. - Dit het geglans van God, en ingedring tot in die wêreldsiel, en so die ring gesluit van God tot mens, van lew' en dood. Waarom sal ek dan ween, - my kleine siel met skrynende herinneringe skeur? 'k Wil mos vergeet! Ek wil die skone deur van Gister sluit, en vir die Môre kniel. - O, Man van Liefde, leer my leed te dra, soos Jy die doringkroon op Golgotha! J.R.L. VAN BRUGGEN. Vorige Volgende