Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 64] [p. 64] Aan Hom. Ek het Hom lief, Gesalfde Mensekind! Ek het Hom lief om al Sy menslikheid. Hy praat met my, en 'k weet dat Hy altyd, gestreef het om ons vlees met gees te bind. Dis Hy alleen wat, as ons siel, verblind, die doolhof van ons dinke deurdwaal, wyd en klaar Sy lig laat skyn. Hy is ons Vrind, en Hy, wat mens was, weet van geen verwyt. Maar om Hom laai die krater van die hel, wat wil en werk vir eeue het geboei; ai my, tot al ons hare is getel, - en wat bly oor? 'n Lewensloot gesnoei, 'n Poenskopdaad! O Jesus, 'k weet dat Jy bo al ons seerkry al hoe seerder kry! - J.R.L. VAN BRUGGEN Vorige Volgende