Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 63] [p. 63] Die Antwoord. My kalme wil het my vannag laat styg tot bo die sterre, om vir God te vra; ‘Wat, wat is liefde?’ 'k Het gesê: ‘Ek dra, al wil ek nie, 'n rouband, en ek ryg die weedom van die wêreld tot 'n snoer, wat ek stil aftel in my eensaamheid. En waarom klim in my die seer verwyt, dat U deur smarte my na liefde voer?’ En toe het God se stille stem in my 'n antwoord losgemaak: ‘Ek het my Kind se liefde met 'n doringkroon kasty, opdat die mens in leed sy liefd' sou vind.’ Stil het my hart geword, en vol van sin die leed waardeur ons liefde leer bemin. J.R.L. VAN BRUGGEN. [pagina *14] [p. *14] KOTTLER: DIE KUNSTENAAR SE VROU. (Foto deur Howard Coster, Londen.) [pagina *15] [p. *15] ENSLIN DU PLESSIS: TEKENING. (Foto deur Howard Coster, Londen.) Vorige Volgende