Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 38] [p. 38] Slegs 'n Dag. 'n Westerkim van karmosyn, 'n Skaaptrop na die kraal gekeer, 'n Vesper wat oor verte dein En dan verdwyn; 'n Dag nie meer! 'n Skepping wat aanbiddend staan, Haar orison om stil te bly, Asof daar iemand op sy baan Nou oor die Lete gaan; 'n Dag verby! 'n Skepping staan in swart gewaad As lig haar laaste venster sluit, Haar wese stom met star gelaat, In eensaamheid verlaat; 'n Dag verstryk! L.W. VILJOEN. Vorige Volgende