Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 34] [p. 34] Langs Die Wapad. Diep onder as vergrou 'n Laaste vonkie vuur - Soos die dowwe naberou Oor 'n dooie liefdesuur. 'n Speelse windjie stoei Met die assies van die vuur - Skarlakenrooi ontgloei 'n Smart wat ewig duur. Vér slinger die wapad dof Na die landstreek Wie-weet-waar - Aan die end van elke skof Moet ek in my vuurtjie staar! EITEMAL. Vorige Volgende