Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 21] [p. 21] Die Lied van Delila. Die rooi van awendlugte, Die fluistering van die wind, 'n nooi se droewe sugte - Dis drankies vir 'n kind. Ek is moeg vir die geur van rose, Ek is moeg van maneskyn, Van kalmpies minnekose, En ligte liefdewyn. O skink my die rooi-rooi bloed Uit 'n hart wat brand en bloei; O gee my die liefdegloed Wat tot brandende haat vergloei. En soos brandhout wat 'n bloesem Van vuur en vlam ontbloot, Ontvang ek aan my boesem Die liefde en die dood! EITEMAL. Vorige Volgende