Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1931(1931)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 10] [p. 10] By die Bouvalle van ou Hellas. Op die oue, oue mure Van 'n langvervloë tyd, Plant die lewe frisse blomme Aan 'n ewige jeug gewyd. Onder hierdie puin begrawe, In vergete slaap gesus, Het die marmere gedagtes Van onsterflikheid gerus. En herbore tree naar vore Wat nie kon en mag vergaan, Wat die aarde self bewaar het Vir onsterflike bestaan. Dis die dag van weeropstanding, As al wat groot is, skoon en wys, Uit die puinhoop van die grafte, Ewig-roemvol weer verrys. Op die oue, oue mure Van 'n sterfelike tyd, Groei die blomme van die lewe Aan 'n ewige jeug gewyd. TH. WASSENAAR. Vorige Volgende