Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Liefde en droom. Die bosse sak weg in blouige lyn teen die horison-halfmaan, 'n grou-groen skyn kom skemer nou neer as die son sag sink en die see se waterdak wemelend blink. O bloeiende rose en kosmostuin, as ek wandel hier oor skulp-wit duin dan bring die seewind jul geure na my: geen jare wat liefde en droom kan skei! Is die tuin nou al dood, vergaan die bloei? - - - Ver oor die see word 'n bootjie geroei; dit verdwyn; maar blink is die groet van golf op golf wat skuim aan my voet. Moet alles so sterf? Die see is nou grys, en die blouige bosse word swart; sag rys die wind oor die wydheid, en 'n enkel meeu skeer laag oor die water met wilde geskreeu. C.M. VAN DEN HEEVER. Vorige Volgende