Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930
(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 274]
| |
Ons Groot Geheim Verraai.Vader Son se groot oog glinster
Goud deurglans met karmosyn;
Sy bewondering van ons liefde
Beeld hy af in rooi robyn.
Moeder Nag met stille glimlag,
sprei haar sterremantel uit,
Wyl sy twee verliefde kinders
Seënend in haar arms sluit.
Suster Maan, die blanke, reine,
Wil die ewewig behou
En die hartstog van ons liefde
Met haar silwerlag bedou.
Ons geheim is gladnie veilig
Toevertrou aan die natuur.
Hoor die wind dit skelmpies fluister
Aan elke blom en kreatuur.
HESTELLA.Ga naar voetnoot*)
|
|