Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930
(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 255]
| |
Die Laaste van die Wikinge.Ga naar voetnoot*)(Alhoewel die toneel van hierdie gedig in die middeleeuse Ysland tydens die invoering van die Kristendom aldaar geleë is, is dit op geen bepaalde geskiedkundige episode gebaseer nie. Dit is ook nie bedoel om 'n weerspieëling van die algemene toestande waaronder die Kristelike leer in Ysland ingevoer is, te wees nie. As dit was, sou dit ontrou aan die feite wees, want, in teenstelling tot Skandinawië, het Ysland op betreklik vreedsame wyse verkristelik geword, aangesien die Yslanders, as gevolg van hulle gedurige rooftogte na die naburige lande, reeds vir byna ses eeue lank in aanraking met die Kristelike geloof gekom het en geleidelik daarmee versoen geraak het met gepaardgaande verflouing van hulle eie poëtiese ou gelowe, voordat die Kristendom eindelik in die elfde eeu na hulle eensame eiland gebring is. Die ou Wikingelewe was toe ook al byna heeltemal uitgesterwe en deur meer vreedsame okkupasies vervang en dus kon die nuwe godsdiens in die reeds voorbereide aarde maklik wortel skiet. Dit was slegs die oorblyfsels van die ou geslag van Yslanders, wat veral in die ruwe berglande gewoon het, wat koppige maar gewoonlik lydsame teenstand teen die prysgee van hulle ou gewoontes en lewensbeskouinge gebied het.
Jarl Eirek die Sterke Hand, die verdigte held van onderstaande gedig, is geskep om hierdie laasgenoemde klas, ‘die laaste van die Wikinge’, te verpersoonlik - en wel hierdie tiepe in excelsis. Maar hy staan vir meer as dit - in hom het ek alles wat groots en edel in die karakter van ons ou Germaanse voorvaders was, probeer verpersoonlik: doodbespottende krygsmanstrots, standvastigheid en 'n barbaars-magnifieke fatalisme - juis die soort heldhaftige deugde wat dit vir hulle baie moeilik gemaak het om die Kristelike geloof te aanvaar, hoe goed hulle ook uit hulle tragies-grootse mietologie geweet het dat hulle ou gode eendag by Ragnarok (godeskemer) moes omkom om plek vir 'n nog groter en ewige God te maak. By die tyd dat die Kristendom na Ysland gekom het, was Kristus reeds deur baie beskou as die voorspelde nuwe God wat na Ragnarok sou regeer.
Die syfers in die teks verwys na die verklarende aantekeninge wat aan die end van die gedig staan.) Eirek die Sterke Hand,
jarl van die bergeland,
stil staan hy nou op sy spiesstaf gestut,
moeg is sy bleek gelaat,
bloedig sy krygsgewaad,
kragte en hoop deur die stryd uitgeput.
| |
[pagina 256]
| |
En voor hom uitgestrek,
moed'loos en bloedbevlek,
lê al wat nog van sy krygsmag oorbly,
pas uit die slag terug,
hier na die berg gevlug,
deur oormag oorrompel, verslaan en versprei.
Dig pak die wolke op,
swart oor die berg se top,
dof dreun die donder met dreiend gebrom;
ver oor die oostekim,
gloeiend met rooie glim,
borrel 'n rooksee uit Hekla se kom.
Maar op sy hoë rots
staan nog ou Eirek trots,
diep in gepeins in die afgrond te staar,
asof met skerper oor
hy nou die NorneGa naar eind1) hoor
noodlot van gode en mense verklaar.
Maar toe die wolketrek
meteens die son bedek,
skielik ontwaak weer ou Eirek die held,
vuur uit sy oë skyn,
moegheid en smart verdwyn,
luid klink sy stem nou oor berge en veld.
Dit is die woorde van Eirek die Sterke,
sy krygsliede wekkend tot strydlus en moed,
'n boodskap van wanhoop, van plig en getrouheid,
wat hul harte verwarm tot fanatiese gloed:
‘Telge van Wikinge, helde van Ysland,
wat nog ons Noordlike gode vereer!
lank en met mannemoed,
worst'lend met teëspoed,
het ons die mag van die Kristen trotseer!
| |
[pagina 257]
| |
Sal ons wat menigmaal
bloedige seëpraal
woes het geruk uit die Norne se hande,
nou op die vlug geja,
wenend ons lot bekla,
mak en gedwee verdra nederlaags skande?
Nee! want die Nore was
nooit nie 'n slaweras -
wraaklus ontwaak in ons harte alweer!
'n strooiedoodGa naar eind2) sterf ons nie,
vlugtelinge swerf ons nie -
heldedood liewers as lewe onteer!
Maar vóór ons kryg-toe gaan
hoor eers die waarheid aan:
Nooit sal ek jul na oorwinning weer lei!
Want pas met sienersgees
het ek ons lot gelees -
Wee! want die dag van ons gode's verby!
“Kyk,” (en hy wys met sy hand na die Weste,
waar in die wolke die son het verdwyn),
Kyk, dis die teken, die Nornebepaalde,
bode van onheil, die Ragnaroksein!
Was nie die vollemaan
laasnag verduister?
en in stormwolk vergaan
nou die sonnegods luister!Ga naar eind3)
Dit is die eerste noodlottige teken:
Mani en Sol deur die wolwe verslind!
Hoor nou die skel geluid
wat deur die klowe fluit -
Heimdal se beuelklank gedra op die wind!
Bifrost se bode
waarsku die gode:
“Te wapen! Te wapen, want Ragnarok kom!”
Ramp oor die aarde spoed,
onheil se magte woed,
reeds trek na Wigrid die Jotuns se drom!
| |
[pagina 258]
| |
Kyk hoe die vlamme spuit
Hekla se krater uit,
sie hoe sy hellings nou bewe en gly!
waar diep benede
Loki die wrede
worstelend hom van sy bande bevry!Ga naar eind4)
Hoor, uit die verte ruis
woedend die seegedruis,
waarteen die rotse die vloedwater slaan!
So'n groot brander
maak Jermundgander
as uit die dieptes na Wigrid hy gaan.Ga naar eind5)
Klaar, onmiskenbaar,
is al die tekens daar,
eenmaal deur Mimir aan Wotan voorspel.Ga naar eind6)
Netnou begin die slag,
Asgaard se laaste dag -
Wee, want ons gode se tyd is getel!’
Hy swyg. Die weerklank van sy woorde
druis ver oor die rotsewoestyn,
die bliksem blits hel in die Noorde,
en die dondergod brom 'n refrein.
Hy swyg - dan vervolg met ontroering
in 'n spreektoon onstuimig en wild,
soos ene in geestesvervoering,
'n profeet deur sy siening gevuld:
‘Wee, wee op die telge van Nore!
en wee op die Wikingebloed!
Want die slag eer geveg is verlore,
en ons vir ons gode moet boet!
Te lank, a, te lank het die gode
in Asgaard die Bose geduld,
te lank het daar Loki die snode
gebly ongestraf vir sy skuld!
En toe hul hom eind'lik onterwe
en vonnis met ewige pyn,
| |
[pagina 259]
| |
was hul kragte verswak en bederwe
en hul deugde met skuld ondermyn!
Want die monsters deur Loki geskape
het gebly om hul vader te wreek,
en hy met sy broedsel van drake
het gewag om hul kettings te breek;
en Tyr was al lank vantevore
van 'n arm deur Fenris ontbloot,Ga naar eind7)
en die vegswaard van Frey was verlore,Ga naar eind8)
en Balder die Skone was dood!Ga naar eind9)
Tevergeefs nou die gode se kragte,
tevergeefs nou hul wysheid en moed!
Want nou vir hul ligsin en swakte
moet hulle by Ragnarok boet!
Want met sonde in Asgaard daar bowe
het misdaad op aarde vermeer -
op die bloed van die moord'naar en rower
het Hati en Skoll vet geteer.Ga naar eind10)
Die rekrute van Walhal word minder
en die magte van Hel uitgebrei,Ga naar eind11)
geen mag kan die einde verhinder,
want die dag van ons gode's verby!
Die tyd het gekom, deur die Norne
lang eeue gelede bepaal,
wanneer met opskuddings en storme
die gode se duisternis daal,
wanneer as 'n straf vir hul sonde
beide mense en gode vergaan,
opdat dan 'n nuwe, gesonde
en betere wêreld ontstaan.
Dan sneuwel op Wigrid se velde
Thor, Wotan en TiuGa naar eind12) en Frey,
die Ase en Wane en helde,Ga naar eind13)
dat niks nie van Asgaard meer bly -
niks nie, behalwe net Gimli,
Asgaard se skoonste paleis,
en Wali en Widar, die wrekers,
en Balder uit die dode verrys.Ga naar eind14)
Op die nuwe gelouterde aarde,
van sonde en smarte bevry,
| |
[pagina 260]
| |
sonder krygskal van skilde en swaarde,
sal hulle die weg voorberei
vir die koms van Een groter as hulle,
'n God deur geen swakte onteer,
wat OrlogGa naar eind15) se wil sal vervulle
en die aarde in vrede regeer.
En wie is dié God van die Vrede,
wie se naam selfs ons skalde verstom?Ga naar eind16)
O, hoor na die kern van my rede,
want dié godheid is reeds aan die kom!
Sy leer is alreeds deur die volke
daar oorkant die water aanvaar,
en word nou in Ysland vertolke
en ons volk in sy kudde vergaar.
Dis Kristus! - die God van die Môre,
vir wie ons so lank het trotseer -
tevergeefs nou ons stryd en verlore,
want geen mag kan die Kristendom keer!’
En onder die luist'rende skare
heers twyfel en wanhoop alom,
ontsteld deur die treurige mare
staan hul in verbystering stom.
En met vrese bevange sink alle
moeg oë en harte terneer -
‘Is dit moontlik? - Die gode gevalle?
Ook Eirek tot Kristus bekeer?
Word Wotan deur Kristus verdrewe?
en oorlog deur vrede vervang?
Sal die Wiking sy awontuurslewe
moet ruil vir gebed en gesang?’
En hul kyk na die Ragnarokseine,
deur Eirek met wysheid verklaar,
en voel dat al hoop is verdwyne,
en fluister mismoedig: ‘Dis waar!’
| |
[pagina 261]
| |
Maar daar spreek ou Eirek weer -
fors sy stem en nou nie meer
weggevoer met profetiese gloed,
want in sy aangesig
fonkel die oue lig,
weer is hy Wiking met Berserkermoed:
‘Dit is my plig gewees
om jul ons lot te lees,
voordat ek jul na jul dode-toe lei.
Waarom is jul ontsteld?
Het julle moed versmelt
omdat ons gode nie meer vir ons stry?
Lafaarde! Maak dit saak dan
of ons wen of ons verloor?
Getrouheid tot die bitter einde
is die leuse van die Noor!
En al mag d' ou gode sterwe
en hul hele ryk vergaan,
en mag Kristus alles erwe
en die weg na vrede baan,
en al weet ons ook vir seker
dat die nuwe beter is,
die ou gode vol gebreke
en hul ondergang gewis -
ons as Nore,
ons as krygslui,
ons as manne trots en vry,
ken maar net een plig: Getrouheid!
tot die dood getrou te bly!
By die oorlogspies van Wotan
het ons vadere gesweer,Ga naar eind17)
Thor se krygsmag teen die Jotun
het ons lewenslank vereer -
sal ons breek 'n eed so heilig
en ou ThorGa naar eind18) se deugde smaad,
om ons lewens te beveilig
in die rol van renegaat?
| |
[pagina 262]
| |
Nee! want groter as die lewe
is ons ingebore gees,
en wat baat dit om te lewe
as ons nie onsself kan wees?
Ons is Nore,
ons is vegters,
ons is manne trots en vry,
en ons kan ook nou nie anders
as onsself getrou te bly!
Nie vir ons 'n god van vrede,
nie vir ons sy sagte leer!
want met ootmoed in gebede
kan geen Wiking hom verneer!
Wotan is alleen ons god,
heldelewe sy gebod!
As die gode nou moet sneuwel,
wat bly dan anders oor
as te deel met hul in euwel,
soos in voorspoed vantevoor?
Aan ons oue Noorse helde
was hul seëninge groot -
laat ons hierdie goed vergelde
in die dae van hul nood!
Laat ons hier op aarde sterwe,
uit die dood dan op te staan
en as stryders van die gode
na hul laaste veldslag gaan!
Ons as Nore,
ons as helde,
kan geen groter eer verwerf
dan om saam met onse gode
ook by Ragnarok te sterf!’
En sy krygslui, opgewonde,
hef hul oorlogskreet omhoog,
soos die swaarde wat hul hoogswaai
blits die vuur in elke oog.
‘Lei ons voort, Jarl Eirek!’ roep hul,
‘Lei ons moedig na ons dood!
| |
[pagina 263]
| |
Ons sal sterwe saam met Wotan,
aan hom trou wees in sy nood!
Onse wapens,
onse kragte,
is die gode toegewy -
in ons dood, soos in ons lewe,
sal ons onoorwonne bly!’
En ou Eirek lig sy krygspies
met 'n priesterlik gebaar,
soos die wonderspeer van Hermod,Ga naar eind19)
oor die doodgewyde skaar:
‘Voorwaarts dan, arendkroos!
Berserkers roekeloos!
Die eredood soek ons in wapengeweld!
Kos vir die rawe
liewers as slawe!
Geen ander dood is geskik vir 'n held!
Dan vir die laaste maal
sal die WalkureGa naar eind20) daal
om van ons dooies rekrute te kry,
wat as Einheriar
saam met die godeskaar
in Ragnaroks veldslag op Wigrid sal stry!’
En na hul laaste slag
snel nou die heldemag -
verby al hul wanhoop en moegheid en pyn -
staalgekletter vul die lug,
en van die kranse trug
bulder die eggos die trotse refrein:
‘Wotan!’ so klink dit luid
van alle kele uit,
‘Ons plig sal ons doen en ons eed sal ons hou!
Hoor onse swanesang!
Seën onse dodegang!
Wotan! ons kom, aan u roepstem getrou!’
E.A. SCHLENGEMANN.
|
|