Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 233] [p. 233] Handhaaf en Bou. Vasgeroes om jou Boeresiel Ysterbande van vreemde kultuur - Hoor die roep wat die lug deurwiel: Dit is die tyd, die dag, die uur. Grafte van die verlede gaan oop, Stemme van gister spreek tot jou, Velde in Boerebloed gedoop Hoor die roep: Handhaaf en Bou! Mannetaal uit die oorlogsdamp, Moederwee uit die lydingstyd, Hongerkreet uit die kinderkamp, Groei tot 'n simfonie van stryd. Voel jouself in elke spier, Hou jou hart tot die stryd gestaal: Dit is die dag van Bloedrivier, Dit is die dag van Perdekraal! Refrein: Ontwaak, ontwaak, Afrikaner, Die bloed van jou vaders wag Dat jy teen die buitestaner Sal opruk in jou krag; Kom, sweer by die God van jou Vaders trou Dat jy sal handhaaf en sal bou, Tot luid weerklink van oord tot oord Die mouserskote van jou woord. EITEMAL. Vorige Volgende