Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 184] [p. 184] Drome. Drome, soete drome, Wat ons vlugtend soms besoek, Waarom is jul kort van duur? Waarom bly jul half gevorm? Jare smart- en hoopvol gaan verby Sonder dat ons daarin slaag Om ons soetste ideaal Aan ons boesem te kan druk. Dan opeens kom daar 'n oomblik In die stilte van die nag, Dat die Droomgodin ons hartewens Medelydend aan ons skenk. Dan is dit asof die heem'le Klanke lisp'lend soet neerstort - Dan is dit asof betoow'ring Altyd maar die waarheid was. Is die vreugde van 'n droom - Maar, helaas! Van korte duur Want toe ons besit wou neem Word ons deur die dag gewek! Kom weer t'rug, o, dierb're droom! Ek sal wag met oog gesluit; - Dog die hemel is om na te strewe In 'n droom nes in die lewe. A.J. BRUWER. Vorige Volgende