Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 183] [p. 183] 'n Sonnet. Aan 'n versteende souriër-kopbeen. Vlak in 'n blougruisbank aan Nadous voet het jy milleniums ongesteur gerus van nuwe wêreldwording onbewus en van die nuwer tyd se groter spoed. Vir jou ook seker was die lewe soet - en soms ook wreed - hier aan die oermeerkus, waar storms loei, of sagte soeltjies sus in slaap wat speel of spartel langs die vloed. 'n Skakel is jy tussen toe en tans, wat ons verbeelding vleuels aan laat skiet en na die tyd van krag en grootheid voer. Soos dwergies lyk ons langs die reusemans; maar dié verskil baar ons nog geen verdriet: Jul is deur vlees, ons word deur gees geroer. U.J. CRONJE. Vorige Volgende