Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 174] [p. 174] Môrerooi. Môrerooi, gee my jou karmosyn vir my wang! Aan my oog, o Dag, gee jou klaarheid! Son, weef jou draadjies fyn deur my haar! Maak my wys, o Nag! Suis deur my siel, jou melodie, Sefier! Met soet van die roos vul dit, o Flora! Met diepte, o See! Op jul vlerk voer my vreugdetjies broos van die vliedende oomblik, o vooltjies! En ag! my Liefste sal vind in my die Skoonheid wat sterf met die sterwende Dag; die Skoonheid wat ewig bly. NIGGIE VAN EITEMAL. Vorige Volgende