Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930
(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 172]
| |
Adam Tas.1.
Adam Tas, ou Adam Tas,
Kind van vol en breed gemak,
Soet-naiewe penneman,
Dagboek-skrywer, jy wat kan
Lief-gesellig ons vergas,
Op die eenvoud van jou tyd
Op antieke koddigheid
Op die vastheid van jou stryd - -
Adam Tas, ou Adam Tas!
2.
Jonk van hart, ou Adam Tas,
Ongehaas en ongekwel
Het jy ‘smookkruyd’ opgebrand
En die vriendskap voortgeplant
Met die heildronk op jou gas.
Dikwels ook in feestlik uur
Is jou jolige natuur
Deur ‘Paai Bacchus’ aangevuur -
Adam Tas, O, Adam Tas!
3.
Vasberade Adam Tas,
Nooit het jy die kop laat sak
As die Noodlot teen jou slaan,
Teer vir vriende-leed begaan,
Had teen dwinglandy se las,
Beeld van Afrikaner vegter,
In gevare steeds gehegter
Aan jou saak, ou Adam Tas.
| |
[pagina 173]
| |
4.
Grap-beluste Adam Tas,
Wat vertel hul van jou plaas?
‘Liber-Tas’ (so sê hul my)
Toe jy weer kon rondloop vry,
Het jy by hom aangepas!
Wat ook al die feit mag wees,
Gaste het daar toe gewees,
Kelkies klinkend op die fees,
En ‘liber Tas’ het onbedees
En vluks gesels met Liber,Ga naar voetnoot*) Tas!
‘Libertas’, Johannesburg.
T.J. HAARHOFF. |
|