Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 165] [p. 165] Kersies. Kersies rooi in ou Berlyn, Kersies geel en rooi, Onhou jy, arm studente-vriend, Hoe mooi hul was, hoe mooi? Hoe gretig het ons hul gekoop! O, goedkop was hul toe En arm was ons, maar ryk ons fees - Jy, nog nie lewensmoe. Ja, soet was hul en saftig-vars, En vars was ons en fris, Maar winter vang jou kersies-boom En wreed word my gemis. T.J. HAARHOFF. Vorige Volgende