Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930
(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 164]
| |
Die Hoogveld.Ga naar voetnoot*)1.
Waar die witstreep-pad verdwyn,
Oor die koppies skerp omlyn
In die ver verskiet daar by Magaliesberg,
Waar die ylblou lug ons tyd
Uitdaag met oneindigheid,
Erken die vlakte-ruimte perk nòg paal -
Waar daar's blyheid, daar is vryheid
Op die Hoogveld van Transvaal.
2.
Waar die son-god met 'n soen
Daal op jakaranda-groen,
Op die wildgroen van die ver Magaliesberg,
Waar die veld die siel verryk,
Wat vir grootstadswoeling wyk,
Is daar rus, en lig wat nie met sonlig dwaal,
Want daar's blyheid, daar is vryheid
Op die hoogveld van Transvaal.
T.J. HAARHOFF.
|
|