Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 160] [p. 160] Stem van die Golwe. Ons wandel gestaag met musiek van die wind wat die swierige snelpas gee, ons steier in dans met die blink rug bo, en snags dans die sterre mee. Die rooidag slaan ons pluime aanbrand met 'n hartstog sonder keer, en 'n euwigheid is veels te kort om ons uit te jubileer. Ons ry op solders van perlemoen waaronder die seenimfe skuil in skemerpaleise van mistieke groen en ons lag as die stormwind huil. Ons wil, ons wil bo die duine oor, en ons storm met siedende skuim, maar niemand wat ons verlange verstaan en die duinberge weg wil ruim. D.F. MALHERBE. Vorige Volgende