Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930
(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 142]
| |
Die Religie der Siel in die Moderne Kuns.Jan Toorop herdenking, 1928-1929.
| |
[pagina 143]
| |
trekke van die kunstenaar se lewe, met die helderheid ons alleen gegee in die skemering van die dood... En ook met die droefheid oor wat dit kon gewees het, was al sy landgenote groter, ruimer, dieper-religieus, minder slu en bekrompe. JAN TH. TOOROP.Ga naar voetnoot*)
(Foto W. Coret, Den Haag.) ‘De dood was opeens in Toorop. Dat was voor wie zag sterven (en wie onzer zag dat niet?) ontwijfelbaar. Er was een staren zelfs langs het werk heen, en er was een verbetenheid in woorden tegen enkelen, waartegen hij vroeger zacht was. Toorop zat met zijn rug naar 't licht in de kamer van de Van Merlenstraat, waar een ander misschien niet had willen werken, | |
[pagina 144]
| |
maar waar Toorop teekende menschen na menschen, monden na monden, oogen na oogen, handen na handen; menschen die leefden overal, omdat zij moeite hadden gehad overal - of zouden hebben. Hij zat daar met het “nieuwe” gezicht recht - op in een stoel met hooge leuning, als zat hij daar in praal, afgescheiden van de levenden; vijandig bijna tegen de levenden. De handen lagen op de beenen, wier zeer hem zoolang had gekweld, en de noodeloos geworden voeten lagen op den grond, vóór den stoel. Rond hem was zijn werk: oud, vroeger en later; nieuw. Het stond daar uitgestald, als was het een optocht, een stille stoet rond hem, die daar zat in praal, 't Meest keek Toorop langs dat werk heen. Zijn zien ging er over, maar bleef niet haperen aan wat daar van hem was te zien; soms werd het een vreemd en ver beschouwen, als dacht hij; die andere, die dat maakte, had het beter kunnen doen; het was als een zorgeloose toch scherpe beschouwing, zooals alleen iemand kan hebben, die is ver-vreemd van 't eens zóó eigene...’ So gaan die sagte ritmiek van die beskouing, meditasie deur. En vreemd te moede word dit ons as menige fluwele woord van Plasschaert ons ontval, as woorde van die kunstenaar... Kernopmerkinge volg oor sy tekenkuns, van innerlike in uiterlike.... ‘Een mensch moet zijn als een gebouw; de gevel is uitdruk van de georganiseerde ruimten. Dat krijgen de meesten van ons na de jeugd. Dan wordt de geest de bootser van het lichaam; hij maakt, de geest; het lijfelijke lichaam volgt zijn dwang. En zoo iemand dat gevoeld heeft en gezien, zóó was Toorop dat. Hij kon inderdaad niets anders. Hij was dáárvoor langzaam en geduldig, zooals een minnaar die van zijn geliefde het geheele landschap wil kennen, het groote en het verborgene, weg en zijweg; bron en dorte. Zóó teekende hij.’ So wijs Plasschaert op die geheim van alle portretkuns, maar veral op dié van die groot moderne psigoloog. Steeds het die gesig groter simbool vir hom geword, die hande meer betekenis gekry. Hoe veel gedagtes het die vorm van die skelet by hom opgewek. ‘Een mensch was voor Toorop uiterlijk geworden geest, plastisch geworden gevoel, symbool van daden, van wenschen, van verzwegens en van openbaars, van afkomst en van eigen kracht.’ Iemand wat so kon teken, was geen miskenner nie, nòg het hy in hokkies gesit. Wesenlike waarde het hy orals erken. Veral die werkman het hom aangetrek; nie die werkman van die ekonomiese stelsels nie, maar die werkman wat die noodsaaklikste daaglikse dade verrig. Want hy het van werklikheid gehou. Om dié werklikheidssin gaan daar van sy werk uit so 'n geweldige oortuiging. Hy wou voluit doen lewe, voluit doen sien. Waarom het sy werk so lank om erkenning gewag? Plasschaert vind die antwoord in drie elemente: die beweeglikheid, die moderniteit (wat nou al klassiek blyk!), die persoonlike diepte, en die fantasie. Wie die vertoning van my plaatjies | |
[pagina 145]
| |
gesien het sal dit by laasgenoemde verstaan. Veral die periode van die simboliese tekeninge het ons gesien as die moeilikste om te ‘verstaan’. Die persoonlike dekoratiewe lyn, die diep-psigologiese van sekere state (De drie Bruiden), waarby die natuur meeleef in stemmingswaarde, die volle eenheid
‘Wist Gij niet dat Ik behoor te zijn in hetgeen Mijns Vaders is.’
J.Th. TOOROP.Ga naar voetnoot*) van simboliese gegewens, het meer fantasie gevra as wat die meeste besit. Die dekoratiewe was baie sterk in Toorop; ook in die later vaster lyn, wat meer direk te waardeer is om die versobering en lewensklaarheid. Tereg betreur Plasschaert wat Holland hierby ontsteel is deur teologiese bekrompenheid. Hy het ons so veel meer kon gee. Gelukkig is daar tog nog die por- | |
[pagina 146]
| |
trette, die Pelgrim, die Dantes, die Koptiese vrou, die apostels maar veral die portrette. Nogeens beklemtoon Plasschaert die waarde van sy portrette, en waar ons in Suid-Afrika hieraan nog so arm is, mag dit my toegestaan word om nogeens die essensiële by Toorop te noem... ‘Subtiel heeft Toorop zich meester gemaakt van wie voor hem zaten. Zijn assimilatie lijkt onbegrensd, mits het maar een werkelijk wezen is dat daar vóór hem zit. Anders liet het hem onverschillig; ik heb hem een professor zien weigeren, omdat diens gezicht de signaturen van de moeite niet droeg. Deze was niet tragisch in Toorop's zin; hij was niet symbool van een nooit opgegeven gevecht.’ Ja, die liefste wou hy mense teken wat die lewenssignatuur onmiskenbaar gedra het. ‘Vandaar dat hij de mannen van de geestelijke daden zocht, en die in de doornenbosschen van het menschelijke zeer zaten. Vandaar dat hij de vrouwen teekende, die hartstochtelijk baden of zoekend uitkeken, of haar, die op het leven neerschouwden als op een werkelijkheid, maar eene, die te deinzen begon achter de herinnering.’ Skrywende oor kuns- en lewensskoon, het Plasschaert veel van die Meester, wat as hy binnekom die ruimte groter maak. Daarom alleen al is hierdie boek so 'n waardevol besit vir elkeen wat soms na ruimte smag. In die kuns en ook in die lewe. Deeglik en goed is ook die mooi artiekel: ‘De populariteit van Jan Toorop’ deur Jan Nieuwenhuis, onder die toepaslike woorde van Millet: ‘L'art n'est pas une partie de plaisier. C'est un combat.’ Skrywer wys daarop hoe die Haagse Skool nooit by die Nederlandse volk in sy breë lae een moment van waarlik groot en algemene liefde gevind het nie; maar ná die uitbloei van die Haagse Skool het daar een groot en diepe volksliefde ontstaan, n.l. dié vir Jan Toorop. Hy wys op die sonderlinge ‘vreemde’ van Toorops geboorte, eerste indrukke, opleiding, politieke en geestelike gesindheid, ens., en hoe dat hy tog onder die moderne kunstenaars die meester by uitstek was van die eigenlandse kultuur. Die stroom, die krag, die vuur wat die geheimsinnige kontak tot stand gebring het noem hy in algemene sin: sy menslikheid. Nou weet elkeen wat met moderne kuns in aanraking gekom het, hoe gewetensvol die verhouding van kuns en lewe vandag afgeperk word, hoe grondig gebreek is met die (veral) Romantiese tirannie van die onderwerp, hoe veel abstrakter die kunstenaar hom uitdruk, en dus watter hoë mate van estetiese kultuur die belewing in hierdie insig vra van die beskouer. Ook kan populariteit nooit steun op die uiterste gevoeligheid van die estetiese tassin nie. Daarom ook soek Nieuwenhuis dit elders, en seer tereg in die menslikheid van die kunstenaar. Hy toon hoe volledig en hartstogtelik Toorop die ontwikkeling deurgemaak het van die mens van sy generasie. Die beste van sy geslag het | |
[pagina 147]
| |
in sy verbeeldinge al hul hoop en verlange, al hul soek en stryd, verruk herken. Aan alles wat sy hart gehad het, het hy hom volkome gegee. En aan die end van sy lewe het hy die Genade gedank wat hom langs die steiltes gevoer het. Eers die sosiale periode van hartstogtelike meelewe met die veronregtes in die maatskappy, dan die tyd van besinning en inkeer, die opheffing deur die inwendige lig van sy diepe godsdienstigheid, die steeds klaarder en eenvoudiger menslikheid. ‘Hy is geheel oprecht geweest, geheel open van hart, zonder vrees voor eenig oordeel, zonder ooit den schijn te willen van wat niet werkelijk was. In hem heeft ons volk het beste dat het bezat herkend in zijn strevingen naar goedheid en recht, in zijn wil om te begrijpen en lief te hebben.’ ‘Het is een goed teeken,’ besluit die skrywer, ‘dat Holland het werk van Toorop heeft bemind.’ Ek het baie siteer, nie alleen omdat ek aan die versoeking beswyk het nie, maar om in die woorde van twee van die grootste kenners nogeens aan die betekenis van Toorop te herinner, op sy menslikheid te wys wat telkenmale, ook by jong studente alhier, sonder veel kennis van moderne kuns, innige waardering, selfs 'n mate van dweepsug, opgewek het. Wat weer bewys hoe kennis liefde baar, en dat die Modern-Europese ook vir ons nie langer 'n geslote boek mag bly nie. Die sitate het, my dunk, ook voldoende verwagting opgewek van wat ons eintlik in die boek kan verwag. Hierdie verwagting sal nie teleurstel nie: twee- en dertig skitterende reproduksies, 13×11, die mooiste wat ek nog van Toorop gesien het. Allereers 'n uitstekende portret van Toorop. Dan impressionistiese werk: Portret van die heer E. Ahn, blanke meditasie in die ligkontras; Broek in Waterland, stippelwerk, voluit skilderkuns; so-ook De Hétaire, stemmingsvolle natuuraanskouing, maar alleen nog die werklikheidsverhoudinge. Dan uit sy simboliese tydperk: De jonge Generatie, van eie geesteswerklikheid, volvisioenair. Suiwer expressionisties: Moederschap, en die skriklike siening: Hel en Twijfel. Vervolgens: pragtig-psigologiese vroue- en kinderkoppe. Die bedwonge sosiale gevoel van sy expressionistiese ontwikkeling: Dorst naar gerechtigheid, stoer en bars weliswaar, maar die haat en die verbittering is weg; sterk vergeestelikte aanskouing. Die lyn loop voort: Katwijker-Visscher, sielsrealistiese tekening. Die allerheerlikste Geloofvertrouwen, die stoere, strakke, deur die lewensstryd getekende Zeeuse kop, met 'n hemelse lig oor die blanke voorhof, met die oë devoot-skouend in die goddelike genade, en daaragter die rysige kolom van 'n katedraal, as 'n gebed opstygende na God. Voor hierdie Geloofsvertrouwen verstaan u, wat ons so dikwels op abstrakte wyse betoon, hoe die etiese in die estetiese is opgelos, hoe moraal en kuns eenheid | |
[pagina 148]
| |
word, hoe skoonheid en geloof, die menslike en die goddelike, saamsmelt in hoogste begenadiging. ‘Hier word die drif van die lewe omgesit in die durende ritme van skoonheid, hier word dit ewig, omdat dit geword is tot melodie.’ Na die duisterheid van sommige vroeëre, simboliese, werk, is deur diepere religieuse skouing en innerlike wasdom weer die eenvoud verkry. En die groot stukrag van die lewe, hoop en geloof, offer en heiliging, die liefde as die hoogste krag ten goede, alles kry weer 'n algemene verstaanbaarheid en onmiddellikheid van ontroering.
Verderop in die werk vind u weer veel portrette: dié van die Douairière De Vos van Steenwijk, van Mevr. Toorop, van twee kinders uit die volk, vir die voorstelling: Ave Marie, en veral die heerlike sinnebeeld van Gods neerbuigende liefde tot die mens, soos verewig in die goddelik-tere en tog so warm-menslike en in liefde begrypende gelaat van die inderdaad ‘heilige’ Paterke van Hasselt. Stel hierdie gelaat van sagte, ontroerend menslike skoonheid-in-geloof teenoor die op 'n vorige bladsy vertoonde duiwelse tronie van onverdraagsaamheid en haat teenoor andersdenkende, en naas hom die tot twyfeling gebragte selfversekerdheid, en dan sal u verstaan waarom beide Dante en Toorop hierdie swartgallige, en in eie bekrompenheid verstikte, mensesoort in die hel plaas. Mag ek siteer uit Die Inferno (VII)?... Die wyse begeleider wys Dante op bemodderde siele in 'n purper-swart moeras:
(115-116): ‘Soon, sien nou
Die siele van wie toorn het oorwin’;
En... (129): ‘Met oë gekeer na wie daar modder slik’,
luister hul na die rampsaliges:
(121-124): ‘... Treurig was ons
In soete lug, wat sonneskyn vervrolik,
Maar in ons draênd swaarmoedigheid se walm:
Nou lê ons hier bedroefd in swarte modder’..Ga naar voetnoot1)
| |
[pagina 149]
| |
Maar eerder verwyl ons by die mens-waarderende portretkuns van die meester. Hy het die intuïtiewe gawe besit om elke psiege aan te voel en die vermoë om dit te versigbaar (op die wyse wat ons reeds gesien het uit die woorde van Plasschaert)... die sieltjie in reinheid, die meisie in liefdeverlange, die mokkende arbeidersiel, sowel as die innerlike van filosoof en geleerde, digter, toneelspeler, musikus... Hy is die gewer van sielkundige werklikheid in alle skakeringe van uitdrukking. Vroue met vogtig glansende moederoë, oë soekende na liefde en geluk! (Miek Jansens)... hoe kon diè hom vervoer tot subliem-spirituele siening. Die leser waardeer dit op menige plaat hier gegee. Eindelik noem ek u nog uit hierdie album die sterk-expressionistiese, maar klare lewensinterpretasie van Zielegang langs den Oseaan, La Belgique sanglante, Madonna met de Engelen, Wist gij niet dat ik behoor te zijn in hetgeen Mijns vaders is; maar veral dié stukke wat onmiddellik ook die Afrikaanse beskouer in stille verrukking sal bring en (soos die o.a. reeds genoemde Geloofsvertrouen) teen sy muur vir hom 'n steeds kostbaarder besit sal word: Oorlog en vrede (1922), Het gebed (1924), Harpspeler (Jeugd en Ouderdom), Het Gebed (1927). Nie alleen gee hierdie Album van die skoonste stukke van Toorop nie, maar is ook 'n goeie handleiding vir die sielegang van tegniese ontwikkeling na dieper vergeesteliking en eenvoudiger ekspressie. Veel word van sy laaste periode gegee, waarin die religieuse psigologie alles deurdring. Duidelik sien ons hoe hy tot rus gekom het in 'n hoëre geloofsvertroue, in volmaakte kunsaanskouing, wat 'n aanskouing is van die Idee in skoonheid. So kry sy woorde vir ons 'n onvergeetlike betekenis: ‘Er is huiver-stilte in mij,
Een luidloos vragen, een zwijgen...
Een vreemd, een diep verlangen weent in mij...
God spreekt door de lente-twijgen.
Een drang tot scheppen het onzichtbaar schoon
Naast liefde-bloesems, blank en fijn...
Zal eens ik naderen Zijn Doornekroon,
Zijn heilig Hart, zoo vlekloos rein?’
Ek het hierdie stuk begin met aanhalinge. My doel was om alleen die herdenkingswoorde van die twee groot kenners te gee; en nou, tenspyte van my voorneme om by die reproduksies hierdie slag te swyg, is die versoeking my tog te sterk gewees by sulke subliem-menslike arbeid. En al moet ek | |
[pagina 150]
| |
self opmerk dat dergelike reeltjies van waardering al te beknop is om veel aan die leser te kan meedeel, sal hy tog my woorde wil vergewe. Immers by 'n tentoonstelling van Toorops werk word nie gepraat nie... soms val daar 'n gefluisterde woord. Daar is iets meer as bewondering, dieper as ontroering, daar is gebed, ook by die vele wat voor die Koninklike Dode vir die eerste keer verstaan. (Miek Janssen.) So wil ek dan nog ten slotte met Plasschaert die aandag laat val op die laaste voltooide werk: Het Gebed. Sy eie sware kop met die biddende hande opgerig na die half-verborge gelaat van Christus... Die hande van Toorop, die hande van die Werkman wat ons almal moet wees. Die hande wat gees kon boetseer in die liggaam - die gees wat die lyfelike liggaam dwing. Die hande het geteken die donker sosiale leed in opstandigheid, in troostelose pessimisme. Die hande het vrouelik-teer die subtielste stemminge vertolk. Die hande het tastend gegaan oor 'n wêreld van wee. En toe die wêreld van sy verbeelding deurstraal geword is deur die inwendige lig van sy diepe godsdienstigheid, skryf die hande, nog só opreg-menslik, tog as met serafyne-veder... Ja, dié hande het uitgespreek alles wat 'n bewoë tydsgewrig aan gedagte en aandoeninge besit het. En nou is die dood in Toorop. Die hande omklem 'n dode Jesus aan 'n kruis, maar daaragter lig die goddelike misterie van genade. Dié misterie is Toorop binnegegaan. Ja, Romain Rolland het gelyk. Grote geeste is soos hoë bergtoppe met ewige sneeu en wind. Maar ons haal daar dieper en sterker adem as benede. Die lug is daar van 'n reinheid wat ons harte van besoedeling skoon was. En as die wolke verdwyn, sien ons die hele mensheid voor ons. Op die berge kan ons nie lewe nie... Maar wie soms daarop verskyn, voel hom nader by die Ewige. Daarna keer hy terug na die vlakte van die lewe, met 'n hart versterk vir die stryd van elke dag...
* * * Koop hierdie bundel. Laat die strewe van die kunstenaar ook òns aanspoor tot eigenste voleindiging. Bewaar sy hoogheid in u gees. Bewaar sy goedheid in u hart! F.E.J. MALHERBE. |
|