Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 126] [p. 126] Aan - - Sy moes 'n engel eens gewees het, Skoon, hemels-skoon, ronddolend Tussen reine blomme, Wegdwalend van haar tuis, Van daar waar engele woon; Hier landend op die aardbol My weg met glimlag-sonskyn, Liefde-vreugde te vervul; Want in haar hare speel die glans Van hemelstofgoud en haar oog Verraai die blou van hemel-blomme, Waardeur 'n heilige flikkerglans Die kuise onskuld van haar siel vertolk. O, oor haar droom-soet aangesig, Waarin die wit van lelies en die rooi van roos Aan kleur van eng'le kleed en blosend wang laat dink, Hang 'n deursigtig waas van heil'ge liefde, Uitstralend deur haar oëblou, Soet lig verspreidend om haar heen! Sy moes 'n engel eens gewees het, Maar my beminde is sy nou! JUWIME. Vorige Volgende