Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 125] [p. 125] Traumerei. Had ek tog maar die blond en die hemelsblou; Diamante omskep uit die môre-dou; Die glinst'rende strale van sonnige goud; Die heerlike groen van 'n digte woud; Die spier-sneeuwit blankheid van 'n vlokkige wolk, Dan kon ek met die, dalks, my liefde vertolk! 'n Kleed sou ek weef soos vir feeë berei word; Die kleed sou dan oop voor jou voete gesprei word, Met sy blond en sy blou, en sy goud en sy groen; Daarop sou ek kniel om jou hulde te doen; Die dou-diamante sou ek inryg soos krale In blinkende stringe van skitterende strale - - Maar helaas! Ek het niks as 'n droom, o, so soet! Tree saggies! Jy trap op my droom met jou voet! JUWIME. Vorige Volgende