Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 117] [p. 117] Liefde-Smart. Nog nooit tevore is ek so geroer om uiting aan my liefdesmart te gee as nou, vandat jou oë bande smee waarin jy my gevanklik weg kan voer. Teen jou oorheersing het ek lank en stoer gestry: 'n drenkling op die wye see verkwis sy laaste krag om aan die wee t' ontkom, wat uit die Dood sy grynslag loer. Maar nou is ek oorwen; die heel dag droom ek hoe ek wang en goue hare streel, en later langsaam wegsink in 'n kus. Totdat 'n ander ru gedagtestroom my binnevloei: - ‘Vir jou nie dié juweel, elders miskien, maar hier vind jy geen rus.’ U.J. CRONJE. Vorige Volgende