Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 105] [p. 105] 'n Sonnet van Ronsard. Comme on voit sur la branche au mois de mai la rose. Soos iemand op haar tak in Mei die roos aanskou, Daar in haar skone jeug, met bloeisels in hul fleur, Die hemel word jaloers, so helder is haar kleur, As met 'n traan die Dageraad haar loof bedou, Bekoorlikheid die rus by haar, en liefde trou, Wat deur die bome sprei 'n balsemende geur Tot, óf deur hitte fel verslaan óf reën-versteur, Sy sagbeswymend sterf en blaar na blaar ontvou; So, in jou lieflikheid, jou eerste opbloei gul Toe Aarde en Hemel saam die skoonheid eer van jou Verknip die Lot jou draad - net as het ek behou. Vir Dode-offer neem my vrees, my trane as troos, En hierdie vaas met melk, diè mandjie blom-gevul Sodat in lewe en dood jy steeds mag wees 'n roos. T.J. HAARHOFF. Vorige Volgende