Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 102] [p. 102] Najaar-Sonskyn. Op so'n dag - O, man, op so'n dag Het Pallas uit die hoof van Zeus gespring, Apollo vir die Python-draak verdring En Herakles verskyn in al sy mag. Teen mense-plae; O, en skeppingskrag Dwing digters wat vergeet het om te sing, Penseel en beitel - ritmies ongedwing Werk hul: die Lewensstroom vloei diep en sag. Het ooit die heuwels, opgespring soos nou, So trillend-vol van lewe wat wil breek Deur wonder van die sonverligte blou En bruis met inspirasie honderdmaal Oor jeugd wat smag om skoonheid uit te spreek Daar op die Hoogveld van ons ou Transvaal? T.J. HAARHOFF. Vorige Volgende