tot besoeke aan selfs die moreel-suiwerste rolprentvertonings in die aand. Selfs die bestes is sleg vir die oë, sleg vir die longe, te opwindend en prikkelend vir die jeugdige brein, bring te veel van streek ten opsigte van skoolwerk en disipliene.
Kinders van skoolgaande-ouderdom moet in die eerste plek hulle afleiding tuis vind. Ons kragtige atlete van die Westelike Provinsie, daardie wonderbare Rugbyspelers, wat onder leiding van Paul Roos die wêreld getoon het watter reuse en sportsmanne Suid-Afrika kan voortbring, was nie produkte van die ongeurige lug van dorp-bioskope nie.
Wanneer ons egter by die Sensuur van Boeke kom, is ons op baie onsekerder grond; want soos Horatius met soveel wysheid geskrywe het;
Segnius irritant animos
Quam quae sunt oculis subjecta fidelibus et quae demissa per aurem
Ipse sibi tradit spectator -
Of: ‘Dit is die oë en die werklike aanskouing van 'n ding, wat gouste die gees laat ontvlam.’
Hier kan ons gelukkig pragmatiese toetse toepas. Die wêreld het maar min, of gladnie, skade deur die Sensuur van die Toneel ondervind nie. Dit is waar, 'n Engelse sensor het Bernard Shaw se ‘Blanco Posnet’ en ‘Widowers' Houses’ verbied (volgens my mening tog werklik godsdienstige toneelstukke) terwyl hy ewe blymoedig die opvoering veroorloof het van sy eie verspotte ‘Dear Old Charley’, waarin onsedelikheid en die uitspattings van losbandige jong mans as 'n groot grap voorgestel word. Maar die voordele weeg op teen die nadele.
Die geskiedenis van die Sensuur van Boeke was heeltemal anders. Waar ook 'n sensuur van boeke vasgestel is, het die vervolgingswaansin verrys.
Dit is waar, ons moet hier niks doen wat die kleintjies kan laat struikel nie, maar hier is die enigste praktiese Sensuur, die Sensuur van gesonde ouers, van gesonde huisgesinne; en waar ons dit in die eerste plek beoog, kan ons blymoedig saamstem met Milton se Areopagitica. Boeke van die gehalte wat Sensors van buite sal goedkeur is, om Bacon aan te haal, ‘but the language of the times’ en dra niks by tot vooruitgang nie. ‘If the amendment of manners be aimed at,’ skryf Milton, ‘look into Italy and Spain, whether those places be one scruple the better, the honester, the wiser, the chaster, since all the inquisitional rigour that hath been executed upon books.’
Kan 'n mens strenger Sensuur kry as in die eeue van Katolisisme se grootste bloei, toe skrywers en boeke na dieselfde brandstapel gegaan het, of toe die Protestante, wat op Vrye Handel in Gedagtes aanspraak gemaak het, skrywers kon verbrand, soos Kalvyn met Servetus gemaak het? Wat was