Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 97] [p. 97] Fugit Imago. Lei my na salige eensaamheid, gun vir my siel sy drometyd: drome sal kom met die daeraadskyn, skitterblank en soos douveld so rein, drome lou en herinneringryk - Skone, jou beeltenis wyk en wyk --! Lei my na salige eensaamheid, gun vir my siel sy vredetyd: drome sal kom soos voorjaar se reën, sag van gang met sy kruik vol seën, drenkend my lande van dorre gedagte - drome sal huppel deur blinkblye nagte. Lei my na salige eensaamheid, gun vir my siel sy vreugdetyd: skatte van geure in somerse tuine, elwe wat dans op perlemoer-duine, skemer se sprake, so ryk, so ryk - Skone, jou beeltenis wyk en wyk ---! D.F. MALHERBE. Vorige Volgende