Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 94] [p. 94] Ons Groot Geheim. (Aan H.) Wat het Vader Son gedink, Aars'lend op die slingerlyn, Eer hy weggesak het in Sy weeldebed van karmosyn? Wat het Moeder Nag gesê Toe haar mantel van verweel En die skeemring van haar hare Langs die berg en bosse streel? Wat het Suster Maan bedoel, Toe in blanke bruilofstooi Sy haar laggies soos konfettie Oor die dou-nat grassies strooi? Wag, die wilgerboom word wakker, En die windjies dwaal hier rond - Dis 'n groot geheim, Hestella, Laat my fluister by jou mond. EITEMAL. Vorige Volgende