Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 93] [p. 93] Ou Magjaarse Liedjie. Daar buite drup, drup, drup 'n Sagte somerreën - Hier binne is elke drup 'n soen En elke soen 'n seën. Daar buite deur die wolke skiet Kort-kort 'n bliksemflits - Hier binne is dit die liefdelig Wat in jou ogies blits. Daar buite hoor ek onweer rammel Soos 'n holle trom - Totsiens, my skat, ek moet laat spat, Dit is jou ma wat kom. EITEMAL. Vorige Volgende