Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 92] [p. 92] Digterwraak. (Aan F.v.d.H.) Die wêreld het 'n krans gevleg Uit disteldorings van geluk, Met doodgebore liefdeblomme Vloekend tussenin gedruk, En daarmee onder spot en hoon Sy hoof bekroon. Die doringkroon met dooie blomme Het in digterskap ontbloei Tot skoonheid, immortelle wat Getuigend op sy graf sal groei Tot eens met sterre, son en maan Ook God vergaan. EITEMAL. [pagina *17] [p. *17] J.H. PIERNEEF: TWEELINGE, STELLENBOSCH. (In die besit van Prof. A.E. du Toit.) Vorige Volgende