Ja, - die honderd kort versies is almal mymeringe oor die dood. Twee wisselende stemminge heers: die dood is of die geweldenaar, dit eindig die lewe se korte skoonheid; of dit is die verlosser van ellende. Vir Housman is die lewe vol van mooiheid, maar nog meer van boosheid. Maar sy nugtere filosofie verskil van die van sy tydgenote van '90 deurdat dit kragtig en fris is. Dit laat hom ernstig genoeg om met die armsalige lot van die mens meegevoel te hê.
Niemand het soos A.E. Housman die groot elegiese algemeenhede met 'n sekerder kuns behandel nie, of met 'n groter heimwee. Nietemin bly sy stem indiwidueel, enig en nasionaal. Hy word 'n Engelse Omar Khayyam genoem; 'n onjuiste verering, waarvan slegs die epitet van toepassing is. Sy gedigte is vol van die geur en kleur van landelike Engeland, die buitelewe en die markstad. Hy roem die landelike mensheid as sy helde:
The lads in their hundreds to ladlors come in for the fair,
There's men from the barn and the forge and the mill and the fold,
The lads for the girls and the lads for the liquor are there,
And there with the rest are the lads who will never be old. -
Of plaaslike atlete in 'n droewe moment gesien, en met die rake juistheid van 'n puntdig weergegee:
And round that early laurelled head
Will flock to gaze the strengless dead
And find unwithered on its curls
The garland briefer than a girl's.
Of landelike verliefdes wat op 'n koppie rus, terwyl die kerkklokke in die laagtes lui, of daardie stil en ernstige:
Lovers lying two and two,
Ask not whom they sleep beside,
And the bridegroom all night through
Never turns him to the bride.
Die antieke en stille bekoring van hierdie reëls met hulle spontane soet klanke ruis sag in die oor. - Of die oorlede vriend, -
And made of earth and sea,
And wears the turning globe.