Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 28] [p. 28] Eleanor. Soos die dou in die môrestond, lieflik en skoon, Gekus deur die son en gestreel deur die wind, En getroetel deur wiegende grassies, geswind Die ligstrale weergee, met kleure gekroon; Soos 'n spelend, onskuldige kindjie, gewoon Aan die troet'ling van ouers deur wie hy as kind Versorg en beskerm word, gelief en bemind, Sy dae verspeel sonder bangheid of skroom: So is jy vir my, Eleanor, my lief, Skoon van aanskyn en siel, en beminlik In jou natuurlik eenvoudige skoonheid; En jou eenvoud vind aanklank in my gemoed, En verdryf daar die wêreld, opgesmuk en sinlik, En ek word soos 'n kind, sonder sorg, sonder skroomheid. P.J. YOUNG. [pagina *6] [p. *6] ANTON VAN WOUW: PRESIDENT KRUGER IN BALLINGSKAP. Vorige Volgende