‘Ek sal nie spykers smee om Yeshua ben Miriam mee te kruisig nie.’
Toe deursteek die soldate hom met hul spiese, na hul eers sy baard aan brand gesteek het.
Die volgende smid was 'n endjie verder weg. Dit was reeds laat toe hul daar aankom, dus sê hul vir die man:
‘Maak vir ons vier sterk spykers en ons sal jou veertig kreutzer vir hul betaal.’
‘Ek kan maar net vier klein spykertjies vir daardie prys maak,’ sê die man.
Maar die soldate wys vir hom hoe groot hul die spykers wil hê. Die man skud sy kop en sê:
‘Ek kan hul nie vir daardie prys maak nie. Ek het 'n vrou en kinders.’
‘Jood!’ bulder die soldate. ‘Maak vir ons hierdie spykers en hou op met praat!’ Toe steek hul sy baard aan die brand.
Doodbang, stap die Jood na die aambeeld en begin te werk aan die spykers. Een van die soldate, wat probeer help, leun vooroor en sê:
‘Maak hul goed en sterk, Jood; want by dagbreek gaan ons kruisig vir Yeshua ben Miriam.’
Toe daardie naam genoem word, bly die hand van die Jood in die hoogte steek met die hamer. Die stem van die man wat die soldate doodgemaak het, weens sy onwilligheid om spykers te smee waarmee Jesus kon gekruisig word, roep floutjies, nes of dit maar die skadu van 'n stem was:
‘Aria, moenie die spykers maak nie. Hul is vir een van ons mense, 'n onskuldige.’
Aria laat val die hamer langs die aambeeld.
‘Ek wil nie die spykers maak nie,’ sê hy.
‘Maak hul!’ gebied die soldate, hoewel hul self ook bang was, want hul het ook die flou stem gehoor van die man wat hul doodgemaak het. Die nag was aan daal en hul het veertig van die tagtig kreutzer aan drank gespandeer.
‘Ek wil hul nie maak nie,’ antwoord Aria halsstarrig.
‘Jood, jy het gesê dat jy 'n vrou en kinders het,’ dreig een van die soldate, terwyl hy nader kom met sy spies.
‘Ek kan nie die spykers smee waarmee jul Yeshua ben Miriam wil kruisig nie,’ roep die Jood, en strek homself tot sy volle lengte. ‘Ek kan nie, Ek kan nie.’
Albei soldate, woedend en beskonke, het hom herhaaldelik met hul spiese deursteek.
Die son was laag agter die heuwels en die soldate was baie haastig. Hul hardloop na 'n derde smid, 'n Sieriër. Hul stap sy winkel binne terwyl hy