Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 262] [p. 262] Die Windpomp in die Nag. Klang! klang! werk die pomp in die nag, klang! klang! en die water spoel; die nag rus swart op die bome en die lug is swoel. Klang! klang! gaan dit rustig, vertroulik, - sag - glansend die donkerte uit; hoog bo my die sterre se ligte, hier naby die watergeluid. Klang! klang! gaan dit rust'loos, en wyd deurklink dit die eindeloosheid; en ek luister roerloos en huiwer vir jou nagstem, O Ewigheid! C.M. VAN DEN HEEVER. Vorige Volgende