Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929
(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 260]
| |
Alfa Centauri.Alfa CentauriGa naar voetnoot*), tweelingsuster van ons son,
En son ook self, ja self 'n lig- en hittebron,
Ek sien jou skitter-blink daar aan die Hemeltrans,
Waar jy en BetaGa naar voetnoot**) stil wedywer in jul glans;
Ek sien jou skitter-blink en stel myself die vraag, -
Daar's niemand hier by ons wat ooit 'n antwoord waag,
Hul sê maar net dat jy al verder, verder gaan, -
Ek vra dit maar: toe onse Aarde is ontstaan
Miljoene jare t'rug, waar was jy daardie tyd?
Waar op jou reis, wat self reeds duur 'n ewigheid,
Was jy, toe uit die koue dieptes onverwag
Die wandelaar verskyn het wat met groter krag
Uit onse son 'n string planete het getrek?
Waar was jy op jou wandelpad, op welke plek?
Was jy so na aan onse son dieselfde tyd, -
Dis lang verby reeds, half en half 'n ewigheid, -
Dat ook uit jou materie-golwe het gespat
Ver in die koue, wye lugruim in, sodat
Alom jou heen daar ook vandag 'n Wêreld draai,
'n Aarde waar ons nooit nie die bestaan van raai?
Alfa Centauri, tweelingsuster van ons son,
En son ook self, is jy 'n lig- en hittebron
Van ander wêrelde wat aldeur om jou draai,
Waar lewe lewe skenk, en dood sy offers maai,
Waar skepsels swoeg, en seëninge kom van Bo,
Waar wesens lewe wat nog in 'n God kan glo?
| |
[pagina 261]
| |
Alfa Centauri, tweelingsuster van ons son,
Die lewe op jou Aarde, wie is daarvan die bron?
Het lewe daar alreeds die groot geheim ontdek
Vanwaar dat lewe kom? Is daar reeds oopgetrek
Die swart gordyn waaragter skuil, misterieus,
Verklaring van die lewensvraag, net om te lees
En dan te weet en te kan sê: ek, lewe, ek,
Ek het die antwoord op die lewensvraag ontdek,
Ek, lewe, weet vandag vanwaar dat lewe kom?
Of staan die wetenskap aldaar oorbluf en stom
Voor daardie vraag, net soos by ons? Kan niemand sê?
Of soek hul nie? Wil hulle glad geen antwoord hê?
Of is jou mense op jou Aarde groot genoeg,
Met siele, kindersiele, ruim en rein genoeg
Om in 'n grote skeppingswonder te kan glo?
Om te kan bid en antwoord te verwag van Bo?
Alfa Centauri, tweelingsuster van ons son,
Ek sal my maar verbeel jy is 'n hittebron
Van eie wêrelde waar eie wesens woon,
Ja, wesens wat ook dikwels onder skaad en hoon
'n Las moet dra wat swaarder, nimmer ligter, word,
Met nou en dan 'n endjie pad, wat smal en kort,
Tog nog vol rose is, met blomme lê bedek,
En met daarvoor die Dood, die laaste uitspanplek.
Ek sal my maar verbeel jou Aardbewoners streef
Na beter, hoër doel, dan net maar om te leef;
Dat hulle ook vergader kennis, wetenskap,
En dat die dag sal kom wanneer hul rekenskap
Van hoe hul kosbare talente het bestee
Aan Een, wat Heer van here, Regter is, sal gee.
Ek sal my maar verbeel jou Aardbewoners is
Ook mense net soos ons, met tyd vir werk en rus,
Wat nou sukses behaal, dan sugte slaak na Bo,
Maar mense, boweal, wat in 'n God kan glo.
RUD. P. VISSER.
|
|