Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 252] [p. 252] Lewe en Dood. Laat staan my siel, O huigelaar! Jou ‘hemel’ bly vir my so ver Soos strale van d'awendster; Jou ‘hel’ is net 'n harsingskim Wat loodswaar op my lede lê. Laat staan my siel om self te soek Die God wat op die winde sweef? Die dood waarin daar lewe skuil? Die lewe wat die dood steeds baar: Laat tog my siel allenig soek. Daar in die hartjie van die bos, Waar wysheid uit die vryheid vloei, Was dit of ek 'n stoere eik eens hoor: Die somer en die winter speel met my Net soos die dag en nag met jou: Die helfte van ons lewe leer ons om te sterf? Ja, ek weet die dag sal kom Dat my takke dor sal word En ek in die stroom sal vrot - Waar my kinders kragte vind: Dit, my vriend - is dit die dood? A.J. BRUWER. Vorige Volgende