Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Vlinder. Gebore in d'stilte van 'n someraand maanlig, Gewieg deur 'n grassie benat deur die dou, Gekus deur die sonlig wat breek deur die kou, Is hy 'n natuurkind vol skoonheid wat swig; Gevare bedreig hom, ontberings ontwrig Sy bestaan; maar hy beur na die koepel van blou In die heem'le, verhéf bo die swaar wat knou, En hy lewe sy lewe in 'n bloute van lig: So leer my, o Heer, in die stryd van die lewe, In 'n wêreld vol moeite, van arbeid en pyn, Van liefde en vreugde, vooruitgang en voorspoed: As dit skyn of die dagtaak, my voorwaartse strewe Te swaar word vir d'kragte van my wesetjie klein - Om te styg na die hoogtes van vastrap en moed. P.J. YOUNG. Vorige Volgende