Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 237] [p. 237] Aan Hestella. Kom nader, nader nog, Leun aan my bors, my kind! Die reën klets teen die ruite, En hoor hoe huil die wind. Laat blinkwit bliksemskigte Die nag in repe sny; Ek weet my God is êrens, En jy is dig by my. Ek word 'n klein, klein kindjie As ek jou so omvou, En dis of ek die sprokies Van lang gelee onthou. Ek sien die koningsdogter Met Moses by die wal; Ek hoor die beeste bulder Om Jesus in die stal. So! Nou's ek warm, liefste. Ek sien my ouma weer, En op haar wange gloei 'n Glimlag van die Heer. Ek wonder of die sprokies Weer eendag sal verdwyn? Leun vaster teen my, liefste, Ek is 'n kindjie klein. EITEMAL. Vorige Volgende