afrika waar minstens elke manlike Bantoe permanent of tydelik in aanraking met die Europeaan lewe? Ek moet beken dat vir my onder ons huidige ekonomiese stelsel die differensiasiebeleid 'n contradictio in terminis is, en ek tas in die duister rond waar ek probeer om dit in positiewe opbouende handeling te vertolk.
'n Paar ligstrale sien ek tog in hierdie donker; en hoewel ek geensins oortuig is van die lewenskrag van die kultuurkieme wat ek hier noem, wil ek nogtans graag probeer om, al geld dit net één enkele gebied van Bantoelewe, daardie naam ‘differensiasie’ wat soos 'n gordyn voor die toneel van die toekoms hang aan die een hoekie effentjies op te lig. Ek gaan hier nie stilstaan by die taal, wat die onmisbare kultuurdraer is nie, en ook nie by die skraal letterkundige oes van die verlede. Ook oor musiek en dramatiese kuns, albei miskien potensiele kultuurfaktore, sê ek hier niks. Net in verband met hulle kunsnywerheid wil ek 'n paar gedagtes uitspreek.
2.
In die huis van 'n vriend sien ons 'n mooi stuk porselein op tafel staan; dadelik voel ons die wens om dit om te draai - ons wil sien of die mooi figure daarop geskilder hand- of masjienwerk is. In ons voorkamer staan 'n paar ouderwetse stinkhoutmeubels; ons is trots omdat hierdie stukke nie deur 'n siellose masjien vervaardig is nie. Besoek ons 'n egte Bantoe stat dan vind ons geen enkele voorwerp wat presies op 'n ander lyk nie, alles is handewerk. Die nywerheid van die Bantoe is inderdaad kunsnywerheid, want elke stuk dra as het ware die merk van sy maker. Dit beteken nie dat elke voorwerp mooi is nie, maar ongetwyfeld vergelyk die Bantoe artiekels oor die algemeen gunstig by die gewone Europese gebruiksartiekels. Onlangs het ek 'n besending van ‘kaffergoed’ uit Betjoeanaland ontvang en moes dit uitpak in 'n