| |
| |
| |
Lieriese Tussen-In.
1.
Wys my die plek waar ons saam gestaan het
Vroeër voor jou liefde vir my getaan het,
Kyk, dis dieselfde; die silwer see
Blink in die sonskyn soos lang verlee
Dit eenmaal geblink het, 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.
Wys my die plek waar ons saamgekniel het
Vroeër toe een siel vir ons saam besiel het
Kyk, dis dieselfde; die hemel blou
Lag, soos voorheen, op my en op jou;
Dit skitter nog altyd 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.
Wys my die plek waar ons saamgeloop het
Vroeër toe ons harte so veel gehoop het,
Kyk, dis dieselfde; net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra?
Jy wat vergeet het - of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?
2.
Eis van die vonk wat spartel
Vra van die vis wat dartel
| |
| |
Of laat die branders van die see
'n Antwoord op jou vrae gee,
Eerdat jy van my eis ek moet
Wat lank verby is weer vergoed.
Goud in die skemer skitter
Die see blink wit, en witter,
En net so in die skemerswart
Van jou vergeetheid blink my hart,
Want witter as die witste see
Is wat jou liefde vir my gee.
3.
Gun ek vir jou wat vir my van jou beste
Ryklik gegee het vir dit.
Van die neerdalende son in die weste
Ryklik met wierook vergeur.
Leen ek vir jou dat die swakste die sterkste
Liefdevol plig kan bewys.
Min was die eerste maar meer is die leste
Ryklik deur liefde verfyn.
Stort ek vir jou want ek weet dat die beste
Is dat jou siel my bemin.
| |
| |
4.
Sonstrale op die nat veldsand,
Veelkleur'ge surings op die land,
Gousblomme oor die gras versprei,
En wateruintjies op die vlei,
Suurknolle in die bot; die bome
Nog blaarloos en die bergkloof-strome
Nog troebel met die modderklei,
En bo 'n blou lug uitgesprei;
So kom die lente in sy tyd
Na winterwit se wanhoops-stryd
Teen wat die son se goud kan bring
Om van sy wintermag te dwing
Die rus vir wat in kiem en saad
Verskuil lê voor die dageraad,
Van lewe aanbreek en die land
Versier en elke leegte en rand
In weelde bloei, met wierook spog
Die geure van die lewesvog
Wat deur wat lewe liefhet loop
Eer môredou die weiland doop,
En uit sy koue wintersroes
Die wêreld wakker skud vir oes.
5.
As ouderdom, wat alles breek, sy volmag oor my kry,
Dan gaan ek na die Hantam waar ek hoort
En dra demoedig wat 'n mens van ouderdom moet ly,
Voordat hy aanklop by die hemelspoort.
Dit lyk vir my die Hantam is die vredevolste plek
Hieronder op die wêreld wat ons het
Hoe lank die somersdae daar hul warm goud sonskyn rek,
Hoe jubel daar die vinke in hul pret,
Hoe skitter daar die voorjaarsprag in kleure honderdtal,
Hoe verf die najaarberge met sy bruin,
En in die koue winterstyd hoe raas die waterval
En blink kapok op elke berg se kruin.
Die wilde bok wat voel sy krag verminder as hy stry
Soek rustyd in die skuiltes van sy soort.
As ouderdom, wat alles breek, 'n houvas oor my kry,
Dan vlug ek na die Hantam waar ek hoort.
| |
| |
6.
Daar kom 'n weerklank oor die veld,
Van branders wat die rotse streel,
En met die wit strandskulpe speel
En skuim vir aalmoes gee.
Daar kom 'n weerklank oor die veld,
Waar mense huil en mense haat
En met mekaar oor mense praat
Daar kom 'n weerklank oor die veld,
'n Weeklank van die kloof,
Waar teen die krans die klimop bloei
En met die wilde haakdoorn stoei
Vir groeikans vir sy loof.
Daar kom 'n weerklank oor die veld,
Waar tussen ruigte-gras die riet
Sy halme na die sonstraal skiet
Daar kom 'n weerklank oor die veld,
Wat voorjaar deurgelewe het
En somer met sy sonskyn pret,
En nou vergaan van smart.
| |
| |
WENNING.
‘MALTA’, OBSERVATORY-WEG.
(In die besit van Mnr. D.C. Boonzaaier, Newlands, K.P.)
| |
| |
7.
Kom gee vir my polfyntjie,
Dit maak nie saak nie wat,
Die kleinste, nietigste lyntjie
Koop waar jy wil, by smouse,
Jy kry in Krismis-kouse -
8.
Sielsanker as die vloedgolf van vertwyfling oor die strand
Van kennis bruis en alles met hom trek,
'n Houvas in die weemoudsuur as deur die hele land
Die duisternis van dorre nagte strek,
'n Goue gryp vir iedereen, 'n steun deur dik en dun;
'n Aalmoes vir die arme van gemoed;
'n Lawedrank vir flouval as die wêreld ons misgun
En met 'n hoonklank wat ons doen vergoed;
Dis die ingebore sterkte, dis die oorgeërfde krag
Om deur duisternis die sterre te sien blink,
Om die halfgebore klagwoord te onsenu met 'n lag,
En met skerts die wyn en mirre op te drink.
9.
Sokrates, as jy hier was, nou vandag
Gierig om van ons te weet
Wat elkeen van ons beskou
Aan jou roeping om oor wat ons dink te lag,
Sou jy nog die moed besit,
Vir die stommerikke wat op woorde wag?
|
|